Uitzoek House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 72 Church Street, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal
- Vanaf R820 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Uitzoek House is 'n gastehuis in 'n veilige omgewing en in 'n dorp binne 'n wildpark, Utrecht geleë. Die dorpie is aan die voet van die pragtige Baleleberge en het verskeie voëlspesies, asook wild en pragtige aalwyne.
Die gastehuis bied 2 ruim slaapkamers met baie natuurlike sonlig en 'n koningingrootte-bed in elk. Daar is 'n kot in 1 van die kamers. Die badkamer word tussen die 2 kamers gedeel en het 'n bad, stort, wasbak en toilet. Daar is ook 'n aparte toilet. Albei kamers het 'n waaier en 'n verwarmer.
Daar is 'n gemeenskaplike sitarea en kombuisarea met 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware, asook komplimentêre tee, koffie, suiker en melk. Ontbyt en aandete kan vooraf bespreek word. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Die dorp het 'n ryk geskiedenis met die Ou Pastorie-museum, ou geboue, monumente en alles is naby die gastehuis. Gaste kan fietse huur om in die dorp te ry.
Hier is 'n wildpark, 'n dam vir visvang of watersport, asook wonderlike bergfiets- en wandelroetes, 4x4 roetes, forelvisvang en geleentheid vir abseil.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Nicolene Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 3
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- 72 Church Street, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Uitzoek House het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 72 Church Street, Utrecht, 2980, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang