Successfully reported
+43

Ukarimu Guest House

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 32 Marmer Street, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
  • Vanaf R750 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Ukarimu is geleë in 'n stil woonbuurt van Klerksdorp, 'n dorp in Noordwes. Klerksdorp is net 175 km van Johannesburg af op die N12 op pad na Kimberley en Kaapstad.

Ons smaakvol gemeubileerde dubbelkamers het en suite-storte en is rolstoelvriendelik. Elke kamer het 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens, yskas, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe.

'n Ommuurde swembad en ontspanningsarea is ook tot gaste se beskikking. Gaste kan gerus op die patio of langs die swembad ontspan. Daar is draagbare braaiers en 'n pragtige tuin met heelwat voëls.

Ons akkommodasie is hoofsaaklik toegespits op sakereisigers en besoekers aan die nabygeleë Wilmed Park Hospitaal. Supermarkte, winkels, banke en verskillende OTM's, apteke, dokters en tandartse is binne 'n 2 km radius van die gastehuis af.

Ons bedien soggens 'n Engelse of Kontinentale ontbyt. Die Kontinentale ontbyt bestaan uit vars vrugte, joghurt, sap, ontbytgraan, brood, kaas en konfyt. Ons kan ook hierdie ontbyt vooraf in jou yskas pak sodat jy dit op jou eie tyd kan geniet. 'n Warm, volledige Engelse ontbyt met spek, eiers, sampioene, wors en meer word bedien op die stoep met 'n uitsig oor die swembad. Aandete is ook beskikbaar indien jy verkies om nie een van die uitstekende restaurante in die omgewing te besoek nie.

Neem asb. kennis: daar is honde op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 136 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Maryke B
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en veilig. Baie vriendelik ontvang, sal definitief weer daar oorbly.
Aug 2025
Alicia S
5.0
Veilig, netjies en waarde vir geld. Baie vriendelike ontvangs, plekkie was netjies en perfek vir 'n enkel persoon.
Jul 2025
Tbo The Bed Outlet (pty) Ltd D
Saam met lewensmaat
5.0
Baie nice! Very nice place, and delicious breakfast! Staff also very friendly.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Magda G
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker gebly by Ukarimu. Wilkoppies is 'n mooi area. Naby Wilmed Park privaat hospitaal en restaurante. Pragtige gastehuis, kamer het alles gehad wat ...
Sien meer
Jul 2025
Ilze V
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig, netjies en veilig. Die plekkie was pragtig en regtig baie netjies. Sal beslis weer hier bly. Dankie baie.
Mrt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Karin Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 136

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 32 Marmer Street, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
  • Gaste dink Ukarimu Guest House het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 32 Marmer Street, Wilkoppies, Klerksdorp, 2572, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9fab5de96632746d60bc8d481383b19a453432f0fd9e838c88ceaeb8f918482f03734ddd36a523390d0591dcfd91ce30fee7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R750 per nag, vir 2 mense 136 5 1 5 32 Marmer Street Wilkoppies 2572 Noordwes 021 201 8901 13:00-21:00 10:00 -26.827089061612 26.676957160234
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang