UniqueStay Michau House
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 72 Michau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
UniqueStay Michau House is 'n smaakvol versierde en sjiek selfsorgkothuis in die omgewing van Strand. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n klein gesinswegbreek aan die kus, want hierdie huis is stapafstand van die strand af.
Dié kothuis bied gerieflike slaapplek vir 4 gaste op 'n slag en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. 'n Stort, wasbak en toilet is in albei badkamers beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Skottelgoedwasser en wasmasjien is ook beskikbaar. Vanuit hierdie kombuis lei 'n knus sitkamer met gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Hierdie spasie het ook 'n etenstafel.
Deur die stapeldeure by die kombuis is 'n onderdakstoep met 'n buite-eettafel en 'n gasbraai wat 'n wonderlike plek is vir 'n skemerkelkie in die aand. Die ligging van hierdie eiendom is ook ongeveer 3 km vanaf Strand Gholfklub.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Madre Geverifieer
Eiendomme 6
Resensies 34
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 72 Michau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap
- Gaste dink UniqueStay Michau House het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 72 Michau Street, Strand, 7140, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang