Successfully reported
+78

Utara Farm

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Utara Game Farm, Grootvalley, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Utara Farm is sowat 3 km vanaf Naboomspruit, Mookgophong in die Limpopo-provinsie, geleë. Dit is gerieflike 1 en 'n half uur se ry vanaf Pretoria en 2 ure se ry vanaf Johannesburg. Die plaas is die tuiste van 'n wye verskeidenheid wild soos kameelperde, koedoes, rooibokke, sebras, swartwitpense, njalas, rooihartbye, rietbokke, vlakvarke en vele meer.

Gerieflike, skoon en goed toegeruste selfsorgverblyf word gebied asook braaigeriewe en 'n swembad. Daar is 7 volledig toegeruste eenhede beskikbaar. Die verblyf is ideaal vir 'n lekker wegbreek saam met familie of vriende.

Die plaas beslaan 'n deel van die Nylsvley seisoenale vloedvlakte. Die vloedvlakte bestaan uit riete en grasvelde wat omring word deur tipiese Acacia-bosveld. Dit beteken die plaas is die tuiste van 'n oorvloed voël- en wildspesies. Meer as 370 voëlspesies is in die gebied geïdentifiseer.

Mookgopong, voorheen bekend as Naboomspruit, is 'n oulike boomryke dorpie aan die voet van die Waterberge. Die dorp is 'n gewilde vakansiebestemming met warm minerale bronne, wonderlike weer deur die hele jaar, natuurreservate en bosoorde wat toeriste trek, ongeag die seisoen.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 158 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Lizanne H
Saam met lewensmaat
5.0
Vreeslik lekker. Verblyf was baie aangenaam.
Jul 2025
Petro P
Gesin met klein kinders
5.0
Wegbreek naweek saam gesin. Lekker bosveld wegbreek saam met gesin. Veilige stil omgewing. Baie dankie vir 'n lekker kuier en jou uitstekende diens. S...
Sien meer
Mrt 2025
Melinda G
Gesin met tieners
5.0
Uitstekend. Baie oulike plek met vriendelike mense. Sal vir seker weer daar gaan bly.
Okt 2024
Marisa C
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekend. Ons kon absoluut niks fout vind met die verblyf nie. Die plek is baie aangenaam en skoon en netjies aangetref. Die bed slaap so lekker, am...
Sien meer
Jun 2024
Adriaan V
Saam met lewensmaat
4.8
Vriendelik ontvang en Santie het gesorg dat ons verblyf baie aangenaam was. Ons het heerlik gebly, dankie.
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Santie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 158

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Utara Game Farm, Grootvalley, Naboomspruit, 0560, Limpopo
  • Gaste dink Utara Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 800
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 22 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Utara Game Farm, Grootvalley, Naboomspruit, 0560, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDkzZTEwZWY4LTE5ZDktNDM0ZC05YmYyLWY3YzQyYzA5NDY4Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 158 5 1 5 Utara Game Farm Grootvalley 0560 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.507721469618 28.754383334988

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang