Successfully reported
+38

Val Mor Farm

Op die Nippertjie-aanbod 15% af

Kry 15% af op alle besprekings wat 2 dae of minder voor jou verblyf gemaak word. Hierdie aanbod is altyd geldig.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 Kleinbosch Road, Dal Josefat, Paarl, 7655, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 100 R1 785 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Val Mor Farm bied gerieflike, bekostigbare en gehalteverblyf in die Paarl. Paarl is 'n prentjiemooi dorpie in die Kaapse Wynlande en is vir sy skilderagtige plattelandse skoonheid, uitstekende wynkelders, nuwerwetse koffiewinkels, ongelooflike argitektuur en vrugteverbouing-erfenis bekend.

Die gastehuis bied verblyf in 4 eenhede en elke eenheid het 2 slaapkamers met en suite-badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 2 van die eenhede het 2 driekwartbeddens in die tweede slaapkamer en die ander eenhede het koningingrootte-beddens in die tweede slaapkamer. Elke slaapkamer het lugversorging en 'n platskerm-TV sodat gaste by hul eie Netflix-rekening kan inteken. Elke eenheid het sy eie sitarea met gemaklike rusbanke en 'n kombuis wat met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Gaste het ook toegang tot veilige parkeerplek en gratis WiFi.

Glasdeure lei na 'n lieflike stoep met 'n swembad, ingeboude braai-area en 'n boma-vuurput. Hiér kan gaste die uistig op die berge en Paarl-rots in die verte geniet.

Hierdie verblyf het omsetters en sonpanele wat rugsteunkrag tydens beurtkrag voorsien. Val Mor Farm is naby verskeie winkelsentrums, wynplase, restaurante en staproetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 14 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Dolores B
Gesin met klein kinders
5.0
If you need to wind down, Val Mor Farm is the go-to place. Everything I was looking for. Peaceful. Quiet. Best sleep I have had in a ve...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Althea V
Gesin met tieners
5.0
Pragtige verblyf! Heerlike gebly, pragtige plek!
Mrt 2025
Meceyla P
Saam met vriende
5.0
I wish it was my house! It is so beautiful! And was such a nice place to braai, swim and the beds are amazing. I would love to go again...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Henning V
Gesin met tieners
5.0
Fantasties. Pragtige stil gebied met lekker beddens.
Feb 2025
Wendy D
5.0
Great place, lovely pool. We had a lovely stay. Everything was as described. Very clean. The host was friendly and helpful.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 14

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • 35 Kleinbosch Road, Dal Josefat, Paarl, 7655, Wes-Kaap
  • Gaste dink Val Mor Farm het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 100
R 2 100 R 1 785
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf R2 100
R 2 100 R 1 785
per nag (plek vir 4)
Vanaf R2 100
R 2 100 R 1 785
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 35 Kleinbosch Road, Dal Josefat, Paarl, 7655, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA125872719e8e0683a9619311b88eabd8ae2f163a822d5dbd32b652ddf1f7aa5ac955a8b7fbd141d22301fea08053d10431e4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 100 nouVanaf R1 785 per nag (plek vir 4) 14 5 1 5 35 Kleinbosch Road Dal Josefat 7655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.6929605 19.0234359
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang