Successfully reported
+27

Vale2Vaal

  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Portion of the Farm Excelsior 271, Vaal Eden Road, Parys, 9585, Vrystaat
  • Vanaf R4 750 per nag (plek vir 18)

Beskrywing

Vale2Vaal is in Parys geleë, 'n gebied wat veral bekend is vir sy natuurskoon, vlieghengel-geleenthede, rivieraktiwiteite, wildkyk en ikoniese besienswaardighede, wat die Vredefortkoepel insluit. Dis die perfekte wegbreekplek vir 'n gesinne, groep vriende of diegene wat op soek is na 'n vakansie ver vanaf die stadsgedruis.

Die slaaparea is op die boonste verdieping met 'n uitsig oor die Vaalrivier. Daar is 3 suites met 2 slaapkamers en 'n volledige badkamer elk. Suite 1 en 3 het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbelslaapbanke in die hoofslaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer. Suite 2 het 'n koningingrootte-bed en stapelbeddens in die hooflsaapkamer en 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamers. Elke badkamer het 'n bad en bad-oorstort, wasbak en toilet. Die oopplan-leefarea het 'n sitkamer, kombuis, eetarea, en 'n TV met 'n vol DStv-pakket en WiFi.

Die stoep bied 'n uitsig oor die grasperk, tuin en die rivier. Daar is ook 'n tafel met sitplek, bankies en 'n gasbraai. Tuinstoele en -tafels bied ekstra buitesitplek en daar is 'n vuurput. 'n Verhitte plonspoel, met 'n verdere kuierarea en 'n sitarea is beskikbaar. Kano's is ook beskikbaar, en daar is 'n visvangplek op die perseel onder 'n groot wilgerboom.

Nabygeleë aktiwiteite sluit voëlkyk, vlieghengel, visvang, wildkyk, perdry, bergfietsry en fietsry in. Die eienaars woon op die perseel, maar die gastehuis is in 'n aparte gebou.

Kamer-opset

6 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Stapelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

4

1 x Koningingrootte-bed

1 x Dubbelslaapbank

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Badkamer

Stort-oor-bad, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Bulelwa Rethabile M
Gesin met klein kinders
5.0
Amazing, serene. The stay was amazing, we enjoyed being there and the view was lovely. The host was wonderful and took great care of us...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2025
Francis V
Gesin met klein kinders
5.0
Peace and tranquillity with fantastic views. We had a wonderful relaxing stay at Vale2Vaal, not sure who enjoyed it more, the kids or t...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Apr 2025
Claire F
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely. Everything was perfect.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2024
Marilyn B
Saam met vriende
5.0
Ons kuier was 'n belewenis wat ons nie sal vergeet nie. Ons het almal baie lekker gebly. Dit was wonderlik en die uitsig is fantasties.
Mei 2024
Johannes W
Saam met vriende
5.0
Lekker kuier op Vaalrivier. Ons was 16 mense wat lekker gekuier het. Al die kamers is op die boonste verdieping, en het alles wat ons nodig gehad het....
Sien meer
Apr 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Dianne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Portion of the Farm Excelsior 271, Vaal Eden Road, Parys, 9585, Vrystaat
  • Gaste dink Vale2Vaal het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 4 750
per nag (plek vir 18)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 4 750
per nag (plek vir 18)
Vanaf
R 4 750
per nag (plek vir 18)
Bespreek
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
    Uitkloktyd: 12:00
  • Adres: Portion of the Farm Excelsior 271, Vaal Eden Road, Parys, 9585, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABvxUQXXmRmfSki8ybkbQ8PyFDduoQh1j2SQGOCWBrFVrufvkxd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 750 per nag (plek vir 18) 29 5 1 5 Portion of the Farm Excelsior 271 Vaal Eden Road 9585 Vrystaat 021 201 8901 14:00-00:00 12:00 -26.804970155003 27.517630905416
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang