Vallen Lodge 2
Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 op enige bespreking wat nie 'n Vrydag- of Saterdagaand insluit nie. Geldig vir verblyf vanaf 23 Jul 2025 tot 30 Nov 2025.
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 80 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R5 770R4 328 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Vallen Lodge 2 is 'n lieflike seefrontwoonstel op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks in Ballito. Die kompleks is stapafstand vanaf die kuslyn, net 'n hanetreetjie vanaf die Blouvlagstrand, Willard-strand, en 'n entjie se ry vanaf die Ballito Junction- en Ballito Lifestyle-winkelsentrum.
Die woonstel bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak. Die tweede, derde en vierde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens. Elke slaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Elke kamer het 'n plafonwaaier en lugversorging. Drie uit die 4 slaapkamers het balkonne met see-uitsigte.
Die oopplankombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, oond, stoof, skottelgoedwasser, wasmasjien, tuimeldroër, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus.
Die oopplanleefarea het 'n etenstafel met sitplek vir 8, gemaklike rusbanke en 'n TV met die volle DStv-pakket en WiFi. Hierdie area lei na 'n groot stoep met oorgenoeg meubels, 'n houtskoolbraai en 'n uitsig oor die branders. Daar is 'n omsetter in die woonstel.
Gaste het toegang tot 'n enkeltoesluitmotorhuis en 2 oop besoekersparkeerplekke (nie agter 'n hek nie en met 'n oop ingang na die eenheid).
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Ballito
Accommodation ...
Eiendomme 100+
Resensies 363
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 80 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 80 Compensation Beach Road, Ballito, Dolphin Coast, 4399, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang