Successfully reported
+88

Varswaterkloof

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R101, Du Toitskloofpas, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Varswaterkloof is in die hartjie van die Kaapse Wynlande aan die voet van die berg geleë. Dit bied bekoorlike selfsorgverblyf op 'n forelplaas sowat 9 km buite die Paarl, met 'n asemrowende uitsig op die Klein Drakensteinberg.

Varswaterkloof Houthuis is 'n smaakvol ontwerpte huis wat slaapplek aan 8 gaste bied en oor 4 slaapkamers en 2 badkamers beskik. Die eerste en tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed elk. Die oorblywende slaapkamers het 2 enkelbeddens. Die 2 badkamers het 'n stort en 'n bad of net 'n stort. Gehaltelinne word voorsien.

Die leefarea het 'n sitarea, 'n eetarea en 'n kombuis. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel vir die koue winteraande en 'n TV met Netflix. Die eetarea het 'n groot etenstafel. Gratis WiFi is beskikbaar.

Trout Cottage bied knus verblyf aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-leefarea en -slaaparea. Die slaaparea het 'n koningingrootte-bed en die aparte badkamer het 'n stort en 'n toilet. Die kombuis is met 'n tweeplaatgasstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, tee- en koffiemaakgeriewe en breekware toegerus. Die sitarea het 'n rusbank, groot kaggel en 'n TV met Netflix. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Buite is daar braaigeriewe en veilige parkeerplek.

Gaste kan in die rustige tuin ontspan of die staproete teen berg volg na die boonste dam terwyl hulle die asemrowende berguitsigte bewonder. Veilige parkeerplek is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 13 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Helga U
Saam met lewensmaat
5.0
Ideaal vir 'n vinnige wegbreek. Wat 'n heerlike en netjiese plekkie! Alles was perfek reg en ons het sommer dadelik welkom gevoel. Ons was net vir 'n ...
Sien meer
Aug 2025
Naven G
Saam met vriende
5.0
Stunning location surrounded by nature and mountains. Our stay was perfect; the accommodation and surroundings were amazing! The host w...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2025
Mia P
Saam met lewensmaat
5.0
Top. The house is on a working farm, so no fancy resort things. Just real life. The communication with Juliana was excellent. Excellent...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Bianca S
Saam met vriende
5.0
Natuurskoon, veilig, rustig, mooi. Dit was baie heerlik en gerieflik gewees.
Jan 2025
Cheslin F
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing, beautiful scenery. From the first to the last day was amazing! What a great place to relax and get away.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Juliana Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 46

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • R101, Du Toitskloofpas, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
  • Gaste dink Varswaterkloof het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 700
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R101, Du Toitskloofpas, Klein Drakenstein, Paarl, 7646, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5ecbd05c0c8c5fcbf65ea6bda9e144871bc670d23e9f850398eb570d1f4c683d255637238e8d842e93e6919c00bdb1403a40?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 700 per nag (plek vir 2) 13 5 1 5 R101, Du Toitskloofpas Klein Drakenstein 7646 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -33.747803351666 19.064758884203
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang