Successfully reported

Vidi's Place

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 131 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Esther L
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2025

Heerlik gerus, sal definitief weer gaan. Lekker rustige area, stapafstand vanaf die strand. Vriendelike eienaars wat jou dadelik tuis laat voel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alban B
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2025

‘n Ware wegbreek juweel – Vidi's place laat jou tuis voel! Ons het ‘n heerlike tyd gehad by Vidi's place in Struisbaai! Al die pad van Langebaan af gekom, en van die oomblik af wat ons daar aangekom het, het ons sommer reg tuis gevoel. Die plek is rustig, netjies en vol lekker klein verrassings wat alles net gemakliker maak. Baie dankie, Tannie Elvida, vir u gasvryheid – ons het dit rêrig geniet en sal beslis weer kom kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Shaunton S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2025

Lekker cozy. Oom en tannie is baie vriendelik. Plekkie het alles gehad wat ons nodig het en is skoon en netjies. Sal definitief weer daar tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Chrismarie V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2025

Defnitiewe terugkeer plekkie van goud! Ons het 'n wonderlike tyd gehad by Vidi's! Gerieflik, ruim, skoon en behoorlik toegerus met absoluut alles wat jy nodig het! (Veral die wasmasjien en skottelgoedwasser was 'n besliste bonus vir wanneer jy met vakansie is!). Puik kommunikasie vanaf Tannie en ons het dadelik tuis gevoel! Die privaat agtererf was ideaal vir die kinders en die binnebraai was heerlik! Beslis ons eerste keuse vir akkommodasie as ons weer in die omgewing kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Arina S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2025

Baie gerieflike en skoon akkommodasie. Ons het 7 dae gebly. Die akkommodasie het alles wat jy benodig en meer. Dit is baie skoon en gerieflik. Die gasvrou en gasheer is baie vriendelik en behulpsaam. Ons sal beslis weer van dit gebruikmaak en beveel dit definitief aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Willem B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Jan 2025

Heerlik gebly, baie netjiese plek, sal enige tyd vir mense aanbeveel. Sien sterre.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Louise S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Okt 2024

Heerlike gesinswegbreek. By verre ons lekkerste verblyf nog. Ons is baie vriendelik en hartlik ontvang en het geen tekorte gehad nie. Die verblyf is ten volle toegerus met alles wat 'n mens kan benodig. Baie lekker sentraal geleë vanaf winkels, restaurante en die strand. 100% veilig. Ons sal nie enige ander verblyf oorweeg vir al ons toekomstige Struisbaai-kuiers nie en dit was regtig waarde vir geld. Hoogs aanbeveel! Volpunte!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Koos C
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

Vriendelikke, skoon plekkie met alle geriewe wat jy benodig. Die gasvryheid en bedagsaamheid van Elvida en haar man was fantasties. Hulle was besorg oor ons veiligheid met die erge reën, sowel as ons gerief toe ons daar aankom en gaan. Die plekkie het alles wat 'n mens nodig het, en die beste van alles is dat dit silwerskoon was! Daar is 'n binne- en buitebraai, wat baie gerieflik is. Ons het heerlik gebly en gekuier. Mens het ook met gemoedsrus deur die dag uit gegaan en in die aande geweet jy is veilig, met jou kar voor jou deur en agter 'n elektriese hek geparkeer. Die erf is ook lekker ruim en veilig vir jonger kinders om te speel. Ons sal beslis weer daar wil bly en sal dit definitief aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zandra D
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jun 2024

Rustig en stil. Dit is 'n plekkie by baie vriendelike oom en tannie. Baie stil en rustige omgewing. Naby die see. Die huis het alles wat jy nodig het vir 'n naweek wegbreek. Sal weer daar gaan kuier.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lynette P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2024

Ontspanne verblyf. Naby besienswaardighede en dorpies wat baie spesiaal is. Wat 'n wonderlike plek met alle geriewe wat ons verblyf heerlik gemaak het. Die eienaars is baie oulik en gawe.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elvida Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 131

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Krom Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5NGE2OTM1LTBiYjEtNDIzNC1hOWRkLTJmYWIwNzgwNmYwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 131 5 1 5 25 Krom Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.800115973865 20.045460909605

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang