Successfully reported
+17

Vidi's Place

  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Krom Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Vidi's Place in Struisbaai, is slegs geskik vir 'n gesin van 2 volwassenes, en 2 kinders onder die ouderdom van 14 jaar, en is jou bekostigbare oplossing vir 'n heerlike, ontspanne vakansie. Al woon die eienaars op dieselfde eiendom, is die woonstel heeltemal privaat.

Hierdie ruim eenslaapkamerwoonstel het 'n aparte, oopplan-kombuis en -leefarea met 'n uittrekslaapbank vir 2 kinders, en TV met die volledige DStv-ruiker. Gaste hoef nie hul eie dekodeerder en slimkaart saam te bring nie. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak en 'n stort.

Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, 'n wasmasjien, 'n mikrogolfoond, 'n 2-plaat gasstoof, 'n klein elektriese oond, 'n ketel, 'n broodrooster, eetgerei en die noodsaaklike kombuistoebehore. Daar is 'n braaigeriewe in die leefarea, en 'n draagbare braaigeriewe word ook in die privaat tuin voorsien, met 'n onderdakstoep, tuinstoele en 'n tafel vir lieflike somersdae.

Parkeerplek is beskikbaar vir 1 voertuig, agter 'n veiligheidshek. Vidi's Place is stapafstand vanaf die hoofstrand, winkelsentrums en restaurante in die dorp geleë.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Kinderstapelbed

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 131 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Esther L
Gesin met klein kinders
5.0
Heerlik gerus, sal definitief weer gaan. Lekker rustige area, stapafstand vanaf die strand. Vriendelike eienaars wat jou dadelik tuis laat voel.
Okt 2025
Alban B
Gesin met klein kinders
5.0
‘n Ware wegbreek juweel – Vidi's place laat jou tuis voel! Ons het ‘n heerlike tyd gehad by Vidi's place in Struisbaai! Al die pad van Langebaan af ge...
Sien meer
Jul 2025
Shaunton S
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker cozy. Oom en tannie is baie vriendelik. Plekkie het alles gehad wat ons nodig het en is skoon en netjies. Sal definitief weer daar tuisgaan.
Apr 2025
Chrismarie V
Gesin met klein kinders
5.0
Defnitiewe terugkeer plekkie van goud! Ons het 'n wonderlike tyd gehad by Vidi's! Gerieflik, ruim, skoon en behoorlik toegerus met absoluut alles wat ...
Sien meer
Apr 2025
Arina S
Saam met lewensmaat
5.0
Baie gerieflike en skoon akkommodasie. Ons het 7 dae gebly. Die akkommodasie het alles wat jy benodig en meer. Dit is baie skoon en gerieflik. Die gas...
Sien meer
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Elvida Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 131

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 25 Krom Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vidi's Place het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 850
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R 850
per nag (plek vir 4)
Bespreek
  • Kapasiteit: 4 persone
    2 volwassenes, 2 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 25 Krom Street, Struisbaai, 7285, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA5NGE2OTM1LTBiYjEtNDIzNC1hOWRkLTJmYWIwNzgwNmYwZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 4) 131 5 1 5 25 Krom Street Struisbaai 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -34.800115973865 20.045460909605

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang