Villa Dubaai 2
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Vanaf R700 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Villa Dubaai 2 is 'n knus selfsorgwoonstel met 'n aparte ingang op die eienaar se eiendom wat in die hartjie van Danabaai, Mosselbaai geleë is. Dit kan 'n ideale opsie wees vir óf 'n paartjie óf 'n alleenreisiger wat die pragtige Tuinroete wil verken.
Dié woonstel het slaapplek vir 2 gaste op 'n slag en beskik oor 'n slaapkamer wat met 'n dubbelbed ingerig is. 'n Stort, wasbak en toilet is in die en suite-badkamer beskikbaar. Alle linne word voorsien; gaste word egter verplig om hul eie handdoeke saam te bring.
Verder is daar 'n kombuisie wat toegerus is met 'n yskassie, 'n gasplaat, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware asook tee- en koffiemaakgeriewe. Vir gaste se vermaak is daar 'n TV met 'n volledige verskeidenheid DStv-kanale en gratis WiFi beskikbaar in die eenheid.
Buite het gaste 'n privaat patio met braaigeriewe asook 'n tafel en stoele wat 'n ideale plek is vir 'n skemerkelkie terwyl hulle die see-uitsigte bewonder. Gaste kry veilige onderdakparkeerplek op die perseel.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Jan Geverifieer
Eiendomme 5
Resensies 31
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
- Gaste dink Villa Dubaai 2 het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 20 Cynaroides Street, Danabaai, Mossel Bay, 6510, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang