Vinkel 8
Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 1 Nov 2025 tot 30 Nov 2025.
-
Kapasiteit: 8 persone
4 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 2 Queen Elizabeth Street, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
-
Vanaf
R1 080R972 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Vinkel 8 is op die eerste verdieping in 'n veilige kompleks in Manaba Beach aan die Suidkus geleë. Dié woonstel het asemrowende see-uitsigte en is geskik vir selfsorg vakansieverblyf. Manaba Beach het lewensredders en haainette.
Dié woonstel het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 2-kinderstapelbeddens. Hierdie twee slaapkamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolf, wasmasjien, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Na die leefarea lei 'n etenstafel met stoele waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die leefarea het 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Hierdie eenheid het 'n OpenView-dekodeerder.
Die skuifdeure maak oop na die privaat balkon met buitemeubels en 'n gasbraai waar gaste die skouspelagtige see-uitsigte en die seebriesie kan geniet. Hier kan gaste dalk dolfyne sien wat in die branders baljaar asook walvisse in seisoen. Dié kompleks spog met 'n sprankelende gemeenskaplike swembad, direkte toegang tot die strand via 'n strandhek en 'n gemeenskaplike braai-area. Verder is daar kelderparkeerplek binne die kompleks beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Slaapkamer
2 x Kinderstapelbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 418
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 2 Queen Elizabeth Street, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
-
Kapasiteit: 8 persone
4 volwassenes, 4 kinders - Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: 2 Queen Elizabeth Street, Manaba Beach, 4276, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang