Successfully reported
+56

Visarend's Roep

  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2272 Geelslang Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Vanaf R2 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Visarend's Roep is in Marloth Park wat aan die suidelike deel van die Krugerwildtuin in Mpumalanga grens. Marloth Park is bekend daarvoor dat kameelperde, koedoes, sebras, blouwildebeeste, vlakvarke, rooibokke, duikers, bosbokke en vele ander kleinwild gereeld tussen die huise beweeg. Marloth Park spog ook met lieflike sonsondergange oor die rivier, die brul van die leeus in die Krugerwildtuin op die agtergrond en die kenmerkende roep van die visarend.

Verblyf is beskikbaar in 'n tweeslaapkamer-selfsorghuis met 'n solderarea. Die huis het slaapplek vir 8 gaste, insluitend kinders, verkieslik 4 volwassenes en 4 kinders, maar 'n maksimum van 6 volwassenes en 2 kinders kan geakkommodeer word. Daar is 2 slaapkamers met lugversorging en elkeen het 'n dubbelbed. Die solderarea het 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens. Hierdie area lei na 'n houtdek met 'n pragtige uitsig oor die ongerepte natuur. Die badkamer het 'n stort, toilet en wasbak.

Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is toegerus met 'n gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, potte, panne, tee- en koffiemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring.

Buite is daar 'n lieflike stoep met 'n ingeboude braai waar gaste om die vuurput kan sit en die sterre nag kyk, of in die swembad baljaar.

Let daarop dat dit 'n bewaringsgebied is en geen geraas word toegelaat nie. Die huis is ideaal vir natuurliefhebbers wat die rustigheid van Marloth Park wil geniet.

Marloth Park spog met 'n hele rits doendinge soos stap, swem, wildritte en 4x4-roetes. Die Henk van Rooyen-kampterrein het 'n tennisbaan en 'n swembad. Daar is ook 'n waterpark by die Bush Centre waar die hele gesin pret kan hê. Gaste kan hul bergfietse saambring om die roetes te verken, of langs die heining gaan stap.

Marloth Park het 2 winkelsentrums wat in al gaste se basiese behoeftes voorsien. Winkels in die sentrums sluit 'n slaghuis, kruidenierswinkel, vulstasie en restaurante in.

Kamer-opset

2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

4

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 49 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Martie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 49

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • 2272 Geelslang Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Visarend's Roep het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 400
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 2272 Geelslang Road, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6c470b8899b06112eda9918d24ce6c398d4957c026868fd96db19d309d64b567def4b08f30bfceaeb983c115d5e4541673af?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag, vir 8 mense 49 5 1 5 2272 Geelslang Road Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.340723626506 31.777211384962

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang