Successfully reported
+85

Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 George Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat is versteek tussen reuse-bome in die geskiedkundige dorpie Albertinia. ’n Oorvloed ondergrondse water styg uit die donker, vrugbare grond van 1,6 hektaar, wat twee damme vul en groot tuine water verskaf.

Die gastehuis bied ruim lugversorgde kamers wat noord front, en elke kamer is toegerus met tee- en koffiemaakgeriewe, 'n yskas, asook 'n TV met DStv. Gaste het ook toegang tot gratis WiFi, 'n biblioteek, 'n gastesitkamer, 'n balkon, asook 'n kombuis waar gaste hul eie maaltye kan voorberei.

Aan beide kante van die ou herehuis is daar 2 majestueuse wildevy-bome; die grootste boom, die "Wispering Tree" het nasionale kampioen-boom status ontvang. Saans word die tuine verlig en die boomstamme en lugwortels skep 'n aardse indruk. Gaste kan op oewer langs die water ontspan, in die bos onder die bome, en selfs visvang op 'n vang-en-vrylaat-basis. Braaigeriewe is op verskeie plekke op die perseel beskikbaar. Die perseel het ook sekuriteitskameras om veiligheid te verseker.

Die gastehuis is ideaal vir reisigers en groepe; reünies, familiebyeenkomste en troues. Piekniek, werksessies, korporatiewe wegbreek, konferensies, musiekkonserte en leesgeleenthede is op die dek onder die bekroonde Fluisterboom. Voëlroepersfontein is 'n plek van genesing en inspirasie. Hier kan gaste herenig met die natuur.

Albertinia en sy omgewing bied 'n verskeidenheid restaurante en besienswaardighede soos die Aloe Ferox Aalwyn-fabriek met honderdduisende kommersieel aangeplante aalwyne, die Garden Farm en Albertinia Museums, die Garden Route Game Lodge vir wildritte, verskeie voëlkykterreine, die argeologies belangrike Blombos-museum en -grot, die Steentydperk-geskiedenis van die streek, die Slapende Skoonheidberg van Riversdal met verskeie staproetes, asook die klei- en vleimyn buite Albertinia. Die dorp is net 36 km vanaf Gouritz, 39 km vanaf Stilbaai, 40 km vanaf Riversdal en 48 km vanaf Jongensfontein en Mosselbaai.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 18 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Marietjie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 18

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • 4 George Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
  • Gaste dink Voëlroepersfontein Gastehuis & Skrywersretreat het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 400
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 4 George Street, Albertinia, 6695, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDdhOGExY2Q0LTExMWUtNDQ0MS1hZGMzLWJmYmYzZjA5MDA3NA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 18 5 1 5 4 George Street Albertinia 6695 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -34.206230125449 21.582836061716
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang