Successfully reported
+68

Voorbegin Bosveldverblyf

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 54 Raasblaar Road, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Vanaf R675 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

Voorbegin Bosveldverblyf bied verblyf op 'n plaas minder as 'n halfuur se ry vanaf Warmbad/Bela-Bela, 25 km vanaf Thabazimbi en skuil in die skadu van die pragtige Waterberge.

Verblyf word in twee eenhede aangebied, naamlik 'n woonstel en 'n chalet.

Die woonstel is direk agter die hoofhuis, maar het 'n privaat ingang na 'n privaat, troeteldiervriendelike erf. Die woonstel bied slaapplek aan 5 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer met 'n bad en 'n stort.

Die chalet is 'n losstaande eenheid met slaapplek vir 4 gaste. Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n dubbelbed in die sitarea. Die badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet.

Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatgasstoof, en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is.

Let asb. daarop dat daar geen TV of WiFi is nie.

Daar is 'n swembad by die eienaars se huis wat tot alle gaste se beskikking is, asook 'n plaasdam waarin gaste kan swem as hulle nie bang is vir kurpers nie. Daar is veilige parkeerplek op die perseel. Daar is visse in die plaasdam en visvang word toegelaat op 'n vang-en-vrylaat-basis.

Alle beddegoed en handdoeke word voorsien. Bosveldhout is by die braai-area beskikbaar, maar gaste sal hul eie hout moet voorsien sodra dit opgebruik is. Indien tuisgebakte beskuit beskikbaar is, sal dit ook voorsien word.

Kinders het die geleentheid om meer oor die plaaslewe te leer aangesien daar 'n verskeidenheid bokke en plaasdiere is. Kinders kan selfs help om eiers bymekaar te maak.

Besienswaardighede in die omgewing sluit Adventures with Elephants, Zebula Gholfbaan, Bambelela Wildlife Care, Thaba Pitsi Natuurreservaat, Waterberg Zipline Adventures en Mabalingwe Natuurreservaat in. Daar is ook 'n staproete in die Waterberg, ongeveer 2 km van Voorbegin af.

Vars plaasprodukte soos plaaseiers, lamsvleis, Europese bosvarktjops, hoender in verskillende porsies, kaasworsies, wildswors, beesvleis, verskillende soorte boerewors, biltong en droëwors is te koop. Alhoewel daar 'n plaaswinkel 3 km vanaf die verbllyf is, sal ys en hardehout vir die braai op die perseel beskikbaar wees.

Verder maak die verblyf van sonkrag gebruik en word nie deur beurtkrag geraak nie.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 89 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Eileen B
Saam met lewensmaat
5.0
Twee aande wegbrekie met eggenoot. Ons het 'n wegbrekie van twee aande na Bela-Bela geneem en het baie lekker by Voorbegin gebly. Henk was baie vriend...
Sien meer
Okt 2025
Alwin B
5.0
It was enjoyable. The chalet was comfortable, with all that is needed for the stay. It was peaceful, with a variety of birds, lovely to...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Trevor M
Gesin met klein kinders
5.0
Relaxing, breeze of fresh air. Great relaxed stay away from city life. Animals roaming around, great hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Herman L
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig en heerlik om te ontspan. Dit was fantasties. Vriendelike mense en ons was baie goed ontvang. Sal enige tyd weer soontoe gaan. Puik verblyf en ...
Sien meer
Sep 2025
Roland A
Saam met lewensmaat
5.0
A good break away from the city, a working farm, where you can relax and enjoy. It's always nice for me to visit a guesthouse for the f...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Henk Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 89

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • 54 Raasblaar Road, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
  • Gaste dink Voorbegin Bosveldverblyf het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 675
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 675
per nag (plek vir 5)
Vanaf
R 675
per nag (plek vir 5)
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: 54 Raasblaar Road, Droogekloof, Bela Bela, 0480, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA771c1f9c4e3b956118bf26f7b81ff5c67ff7753f6f4aa333171e84879aecb6687595b46e0220106a68af0a1b69886045059c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R675 per nag (plek vir 5) 89 5 1 5 54 Raasblaar Road Droogekloof 0480 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -24.852073217758 28.112129420042
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang