Successfully reported

Vossie-Nes

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 72 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.6
Riana B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Ooregte Karoo ervaring in vredige stilte en veiligheid. Ons verblyf was een groot vreugde! Vossienes is goed toegerus, baie skoon en netjies. Ons het lekker beskut gebraai. Dis stil en veilig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Johan M
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Aug 2025

Mooi huisie op 'n rustige plekkie. Dis 'n pragtige huisie met alles wat nodig is.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard V
1 nag Gesin met tieners
5.0
Aug 2025

Rustig, knus, gasvry, egte Karoo. Ons verblyf by Vossie-Nes in Vosburg was ’n heerlike ervaring. Die nes is knus, netjies en stylvol ingerig, met ’n rustige atmosfeer wat perfek pas by die Karoo. Ons het die stilte, die mooi omgewing en die warm gasvryheid baie waardeer. ’n Wonderlike plek om tot rus te kom en die Karoo se bekoring te ervaar.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elmarie W
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Geen klagtes. Ons het lekker gebly, geen klagtes. Sou net 'n verwarmer ingesit het vir ons winternagte hier. Plek was net baie koud binne in die huis gewees.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Joan S
1 nag
5.0
Jul 2025

Uitstekende oornagplekkie, netjies en skoon en baie vriendelike ontvangs. Vossie-nes is 'n netjiese plekkie met alles wat nodig is en mens voel sommer tuis met die hartlike verwelkoming van die gasvrou.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marthinus B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2025

Rustig en vreedsaam. Baie lekker oornag akkommodasie, skoon en netjies met genoeg plek vir almal. Alles wat jy nodig het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerhard S
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2025

Skoon, netjies, gemaklik. Ons was op 'n blommetoer vanaf Pretoria deur die Vrystaat, al langs die Oranjerivier tot by Springbok en Nieuwoudtville en terug via Vosburg. Toe ons by Vossie-Nes instap, het ons geweet dit gaan die beste van die sewe blyplekke van die toer wees. Skoon, ruim, netjies, gerieflik en besonders. Met behulp van die brosjure oor die dorp kon ons ontspanne en veilig deur die rustige, skoon dorpie stap en die historiese geboue geniet. Maar asb. tog, die beddens het regtig hulle dae (nagte) gehad en hierdie juweel verdien 'n opgradering.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Armando V
1 nag Saam met lewensmaat
4.2
Sep 2025

Rustig, voldoende, skoon, netjies. Baie lekker gebly en ontvangs was 100%.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Paul V
1 nag Saam met lewensmaat
4.0
Feb 2025

Lieflike, rustige dorpie met 'n regte egte Karoo. Baie lekker. Ongelukkig is die groot waaier stukkend. Die draagbare gasstofie was vuil en het nie 'n gassilinder ingehad nie. Andersins geen klagtes nie!

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Amori S
1 nag
3.8
Jun 2025

Als wat mens nodig het, is daar. Verblyf is skoon. Het lekker gebly. Als wat mens nodig het, is daar.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Deon Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 72

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 1 580
per nag, vir 6 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 580
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R 1 580
per nag, vir 6 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Corner of Victoria Street and Van Staden Street, Vosburg, 8780, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d489d3bba2a1282e19c2b073af23365dcbf82abbfa103ce0e72a430ff649801392ff9596383920767a297c0dde1bb6325ab?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 580 per nag, vir 6 mense 72 5 1 5 Corner of Victoria Street and Van Staden Street Vosburg 8780 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.574416666667 22.878
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang