Successfully reported
+17

Waaidam Resort

  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waaidam Farm, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Vanaf R700 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hierdie oulike, gerieflike gasteplaas in die Vrystaat is deel van 'n plaas waar met beeste, skape en perde geboer word. Ons het 'n pragtige sandsteen-venue met 11 luukse en suite-kamers met tradisionele, soliede houtmeubels en binnenshuise versiering wat oud en nuut luisterryk vermeng.

Elke kamer het koffie- en teemaakgeriewe, handdoeke, seep, sjampoe en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is ook 'n kroeg, asook 'n buitelugswembad en binne- en buitebraaigeriewe. As jy van vleis, aartappels en sous hou, is Waaidam Resort die plek vir jou! Die tradisionele geregte wat hier bedien word is heerlik en word keurig voorgesit.

Verskeie aktiwiteite is binnenshuis en buitenshuis beskikbaar: vlugbal, paintball, staproetes, bordspeletjies, perdry, vierwielmotorfiets- en motorfietsroetes, voëlkyk en varswatervisvang is addisioneel beskikbaar.

'n Kroeg is beskikbaar vir vriende en familie wat net 'n bietjie wil kuier met 'n drankie in die hand. Verskeie drankies word by die kroeg bedien en daar is ook 'n klankstelsel vir agtergrondmusiek ('n addisionele klankstelsel en 500 watt-luidsprekers is ook beskikbaar vir danse).

Waaidam Resort is ideaal vir spanbousessies aangesien 'n groot verskeidenheid binnenshuise- en buitenshuise aktiwiteite vir groepe gereël kan word. Met so baie doendinge en die geleentheid om net luilekker rond te lê, bied Waaidam Resort alles wat jy nodig het.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Wasgoeddiens
Konferensiegeriewe
Swembad
Restaurant op die perseel

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.7
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

ERNA Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Waaidam Farm, Harrismith, 9880, Vrystaat
  • Gaste dink Waaidam Resort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 700
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 700
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 28 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Waaidam Farm, Harrismith, 9880, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3e42d29e645c1975b8146bbb6f666551278f8307a3640c59cb5d2594639875835f4289a1fb352f0624949c8ecef619289ad4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Waaidam Farm Harrismith 9880 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.192111111111 29.013944444444

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang