Successfully reported

Wegkruip Stilbaai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.6
Veiligheid
4.9
Faieza M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Aug 2025

Onvergeetlik! Baie lekker hier gebly. Huisie is lekker cosy en genoeg kamers as jy 'n groot groep is. Die see is stapafstand.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Ons is so bly dat julle die naweek geniet het. Hoop om julle weer te sien.

Nico R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Heerlik wegkom naweek in Wegkruip Stilbaai. Ligging van die huis is goed, maar die gebou kort 'n bietjie liefde.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Dankie vir julle kuiertjie daar op die duin. Bly julle het dit geniet.

Lennard J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2025

Beste tyd met ons vriende gehad, privaat en op die strand, wat meer wil mens hê? Ons sal beslis weer hier bly, ligging is fantasties, op die strand en baie privaat. Ons is buitelug mense so binnenshuis was vir ons voldoende.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Aa, dis julle tipe gaste wat ons baie graag by Wegkruip ontvang. Baie bly julle het dit geniet. Ons sien daarna uit om julle weer te sien.

Riaan J
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Mrt 2025

Nie soos verwag. Diens was nie soos verwag vir 'n 2 aand verblyf nie. 1. Ek is in kennis gestel die aand voor die tyd dat ons storthanddoeke moet bring (ons was reeds op vakansie en het van ander vakansieverblyf af gekom, gelukkig het ons ingepak by die huis). 2. Daar was nie warm water toe ons daar aankom nie, ek moes self die gas gaan oopmaak (nie 'n probleem nie, maar ek voel dit moes reeds gedoen gewees het). 3. Daar was nie WiFi beskikbaar nie. Sou nie 'n groot probleem wees nie, maar dit het heel dag gereën. Die agent het aangebied om te kom kyk en 'n ander modem in te sit, maar weereens ons is daar vir 2 dae en het nie tyd om vir sulke goed te wag nie. 4. DSTV het nie gewerk nie. Eienaar het aangebied dat mense uitkom om te kom kyk, maar weereens dit moet op ons vakansietyd gedoen word. 5. Die vensters wat see toe wys was baie vuil. Ek besef dis by die see en sal vinnig vuil raak, maar dit sou 5 min neem om die groot ruite skoon te maak voor gaste kom. Die 'view' is tog ook hoekom ek die plek gekies het. Die eienaar was baie vriendelik en het aangebied dat ons 'n nag of 2 kan ekstra oorbly, met geen koste. Dit is waardeer, maar ons moes terug in die Kaap wees en kon dit dus nie benut nie. Teen die prys wat ons betaal het, dink ek nie dis te veel gevra vir die basiese dinge om reeds in plek te wees nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Goeienaand Riaan, Dankie vir die terugvoer. Dit is vir ons verskriklik belangrik dat gaste vir ons presies laat weet wat hulle by ons huis aangetref het, aangesien ons self in die Kaap woon en nie elke dag daar is nie. Ons het aan die einde van verlede jaar 'n nuwe dame aangestel om die huis namens ons te bestuur, maar dit is duidelik dat dit nie na wense gedoen word nie. In die eerste plek moet ek jou egter daarop wys dat daar in die beskrywing van die eiendom genoem word dat linne verskaf word, maar dat gaste hulle eie handdoeke moet saamneem. Jy het dit net nie raakgelees nie. Die res van jou klagtes word ter harte geneem en is aangespreek. Goed soos die gas wat oopgedraai moet wees en Internet en TV wat voor gaste se aankoms getoets moet word, was nog altyd 'n standaard prosedure met ons vorige bestuurder. As ek nie op die bestuurder kan staatmaak nie, ondervind ek hierdie tipe frustrasies. Ons aanbod vir 'n nag of twee se gratis verblyf staan nog en julle is welkom om dit te benut indien julle weer by Stilbaai verbyry.

Lisa P
Lang verblyf Gesin met klein kinders
4.6
Jul 2023

Incredible location directly on the beach. House is on the quiet side of Stilbaai. Good family home. House has all amenities required. Fun had by the whole family.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Thank you for your review, Lisa. We are so glad you had such a fun time in the middle of winter!

Pieter V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Mrt 2021

Onopgesmukte familiestrandhuis. Basiese akkommodasie vir 'n lekker groot gesin en hul vriende. Die plek is vir lekker vakansiehou en is sonder tierlantyntjies. In die mode wees is nie belangrik nie. Warm storte, koue vrieskaste, vol kombuis en die see 'n frisbee-gooi ver.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Baie dankie vir die terugvoer. Hierdie is 'n perfekte opsomming van ons huis! Bly julle het dit geniet daar.

Irene S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Feb 2021

Ons was 4 gesinne met kinders en almal het gemaklik gevoel met die hoeveelheid spasie; dit was nie beknop nie. Die ligging is lieflik; kon nie vir beter vra nie. Kamers netjies. Badkamers is nie goed nie, dit voel soos kampeerbadkamers. Ons het egter afgeskeep gevoel met klein, basiese goedjies. Daar was nie genoeg toiletpapier, skottelgoedseep of swartsakke nie. Daar was nie genoeg vadoeke of lappies in die kombuis nie, en ook nie n skottelgoedsponsie nie. Die wasgoedpennetjies was in 'n broodsakkie, wat seker nie saak maak nie, maar dit is so 'n klein detail wat n groot verskil kan maak aan afronding. Ons is gevra om self ons vullisdrommetjies leeg te maak en ons eie swartsakke by 'n vullishoop weg te gooi. Ons moes ook ver ry na die ander kant van Stilbaai om die sleutel af te gee.

Netheid
3.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
2.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Hallo Irene, ek is baie jammer dat julle die naweek so rampspoedig beleef het. Ek sal beslis uitvind waarom julle gevra was om julle eie vullisdrommetjies uit te gooi, want daar is nie eers sprake daarvan dat ons gaste so behandel word nie. Ek was ook nie bewus daarvan dat gaste gevra is om die swartsakke weg te gooi nie. Dis ‘n verrassing vir my en ek sal dit met die skoonmakers bespreek. Die hele huis is wat mense “rustic” noem en daarom is die badkamers eenvoudig. Ons is egter besig om dit op te knap, veral aangesien ons met 'n waterlekkasie by die muur tussen die een badkamer en toilet sukkel. Die feit dat die huis so teen die see is, veroorsaak ongelukkig dat die plek maklik mufferig raak. Ons sal seker maak dat gaste in die toekoms genoeg inligting kry oor wat in die huis verskaf word en wat nie. Ek kan byvoorbeeld nie dink waarom daar te min vadoeke was nie en wat van die skottelgoedwasborsel geword het nie. Dit maak 'n mens sommer moedeloos. Baie dankie vir jou kommentaar. Dit help my om na te gaan hoe die plek bestuur word.

Ronelle R
Kort verblyf
5.0
Okt 2020

Baie lekker. Ideale huis vir groter groep met kinders. Goeie ligging. Baie vriendelik ontvang.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Ek is so bly julle kon uiteindelik daardie wegbreek inkry.

Zephian A
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Nov 2020

Gemaklike kuierhuis. Wegkruip is 'n heerlike kuierhuis. Ons het die naweek vreeslik geniet. Alles wat jy nodig het is beskikbaar en jy is reg teen die see. Die badkamers kort bietjie aandag.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Baie dankie vir die terugvoer, Lizé. Ons sal 'n plan maak met die badkamers, maar is andersins bly julle het die naweek geniet.

Chantal B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2019

Dit was 'n fantastiese wegbreek weg van die geraas van stad. Heerlike wegbreek by die see. Stil en veilige area. Asemrowende see-uitsig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Antha
Wegkruip Stilbaai
Ons is so bly julle het dit geniet by Wegkruip. Nou weet julle waar die naam vandaan kom! Kom kuier gou weer.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Antha Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
R 2 100
per nag, vir 8 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 100
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 2 100
per nag, vir 8 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
    8 volwassenes, 4 kinders
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: 18 Gordon Street, Still Bay, 6674, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2de9270125f1ec2d26a3eb179eb15459ecea5e139211d3026bd55a366dc0ba961f6df141c984ec3cb4fb345199570737b3ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense 16 5 1 5 18 Gordon Street Still Bay 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 09:00 -34.371540072629 21.432277664032

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang