Welverdiend Selfsorg Akkommodasie
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welverdiend Farm, Off the N7, Trawal, 8147, Wes-Kaap
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Welverdiend Selfsorg Akkommodasie is geleë op 'n plaas net langs die N7, wat dit die perfekte akkommodasie maak vir reisigers van Kaapstad na Springbok, Upington en Namibië.
Hierdie plaas is aktief in werking en bied 2 selfsorg-eenhede, Kokerboom en Alwyn, met pragtige uitsigte oor die Gifberge.
Kokerboom bestaan uit 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer en 'n kombuisie. Alwyn het 'n leefarea, kombuis, 2 slaapkamers en 'n badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort, 'n wasbak en 'n aparte toilet. Hierdie geriewe word tussen die twee kamers gedeel. Lugversorging, waaiers en verwarmers is beskikbaar.
Elke kombuisie het 'n mikrogolfoond, 'n eenplaatstoof en 'n yskas/vrieskas. Verder is braaigeriewe en veilige parkering beskikbaar.
Kokerboom het 'n TV en WiFi, en DStv is teen 'n ekstra koste beskikbaar.
Welverdiend Selfsorg Akkommodasie is in die middel van die Olifantsrivier-wynroete. Gaste kan wynproeë by verskeie kelders in die omgewing geniet. Die Klawer-kelder is ongeveer 9 km vanaf die eiendom. Gedurende Augustus en September maak die Namakwalandse veldblomme hul verskyning. Hierdie area is ook ideaal vir stap, draf en fietsry.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Annemie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Welverdiend Farm, Off the N7, Trawal, 8147, Wes-Kaap
- Gaste dink Welverdiend Selfsorg Akkommodasie het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Welverdiend Farm, Off the N7, Trawal, 8147, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang