Successfully reported
+48

Willy's Chateau

  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 46 Leicester Road, Kensington, Johannesburg, 2094, Gauteng
  • Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Willy Chateau is gerieflik geleë in Kensington, 'n historiese woonbuurt, oos van Johannesburg. Willy's Chateau is geskik vir besigheidsreisigers en toeriste. Dit is geleë net duskant die aansluiting met die hoofweg na die Oliver Tambo Internasionale Lughawe, die sentrale sakedistrik van Johannesburg, die sakedistrikte van Sandton en die Oosrand,en baie gerieflik vir die reisiger wat per motor op pad is na die Kruger Nasionale Park, Durban of Kaapstad.

Willy Chateau bied 'n reeks gemaklike, private en suite-kamers met 'n eie badkamer. Die kamers is almal luuks gemeubileer om jou verblyf 'n onvergeetlike ondervinding te maak.

Die Hamburg-suite is as 'n B&B- of selfsorg-eenheid beskikbaar.

Die nuutste toevoeging, Berlin, is 'n gemaklike eenheid met 2 enkelbeddens. Dit is verbind aan die Hamburg-suite en kan as 'n ideale familie-eenheid omskep word.

Lalakahle bied grasdak-eenhede met slegs bed en ontbyt.

Die kothuis, Le Chalet, kyk uit oor die swembad en is 'n veelsydige eenheid wat tot vier persone kan akkommodeer. Die twee eenhede, Le Chalet Gourmet en Le Chalet Petit, beskik oor tussendeure waarmee die eenhede as een eenheid verbind kan word of as twee aparte eenhede behou kan word. Le Chalet Petit is slegs 'n bed en ontbyt eenheid, terwyl Le Chalet Gourmet as selfsorg- of bed en ontbyt-eenheid kan dien. Wanneer die twee eenhede met mekaar verbind word, word hulle omskep in 'n baie luukse eenslaapkamer - suite, met twee aparte badkamers, (elk met 'n stort, bad en toilet), sitkamer en oopplan-kombuis. Soos hierbo beskryf,kan 'n addisionele persoon/persone in die Le Gourmet eenheid die sitkamer as slaapplek gebruik, maar sonder die rusbank. Die Berlin-kamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Gaste het toegang tot 'n 32''-TV en die eenheid word deur 'n syingang vanaf die parkeerterrein bereik.

Alle eenhede beskik oor koffie/tee geriewe, radio, satelliet TV, telefoon en internet.

Spesiale etes word op versoek voorberei. Borde met kouevleis en snoephappies kan op versoek aan kamers voorsien word.Ontbyt is beskikbaar vir alle selfsorg-gaste en word in die Legere Stube of op die terras bedien, maar moet vooraf gereël word.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Openbare vervoer naby
Vervoerdienste

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.7
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Willy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • 46 Leicester Road, Kensington, Johannesburg, 2094, Gauteng
  • Gaste dink Willy's Chateau het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 020
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 020
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 020
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 46 Leicester Road, Kensington, Johannesburg, 2094, Gauteng
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGViNjc1ZTEwLWIwNTUtNDc1NC05MmFkLTNiYzAxOGJmYWU2YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 020 per nag, vir 2 mense 7 5 1 5 46 Leicester Road Kensington 2094 Gauteng 021 201 8901 16:00-20:00 10:00 -26.194881489276 28.110357820988

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang