Successfully reported
+116

Wolwekrans Eco Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Wolwekrans Eco Lodge, ook bekend as die Juweel van Mpumalanga, is op die 120 hektaar Schoemanskloof-platorand geleë met asemrowende 240º uitsigte oor die Laeveldvallei en op die Schoemansberge in die agtergrond.

Verblyf is beskikbaar in 2 eko-vriendelike chalets en 'n eksklusiewe safari-tent. Elke chalet het sy eie unieke uitsig oor die vallei en op die Schoemanberge, asook 'n privaat boma, dek en braaigeriewe. Die selforgkombuise het elk 'n tweeplaat-gasstoof, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei. Warm water word via 'n gasgeiser voorsien en beligting word via 'n sonkragstelsel verkry.

Verder is daar 'n bosveldswembad en Wolwekrans het spesifieke piekniekplekke wat gaste se piekniek so privaat en spesiaal as moontlik sal maak.

Dié perseel is ook wyd bekend vir die uitstekende staproetes. Daar is staproetes vir almal, van ervare stappers tot beginners en gaste sal die kans kry om die wild wat vrylik rondloop op Wolwekrans, soos koedoes, rietbokke, duikers, ribbokke, bosbokke, klipspringers, vlakvarke en jakkalse te sien. Wolwekrans is die ideale bestemming vir enige voëlliefhebber. Die spruit wemel van arende, valke en kleiner eksotiese voëls.

Die perseel kan slegs bereik word met 'n hoë grondvryhoogte SUV, bakkie of 4x4.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Etienne B
Saam met lewensmaat
5.0
Hoogs aanbeveel. Fantastiese uitsig, baie ontspanne en rustig. Chalet skoon en netjies met alles wat nodig is beskikbaar. Sal beslis weer kom.
Mei 2025
Michelle H
Saam met vriende
5.0
Hier kan jy net kom rus en wees. Dis ons tweede keer by Wolwekrans en dit sal definitief nie ons laaste wees nie.
Apr 2025
Jarred B
Saam met lewensmaat
5.0
Breathtaking views. An awesome long weekend in a breathtaking location. The road to the chalets was a bit rocky and bumpy but definitel...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Corlien L
Saam met lewensmaat
5.0
Fantasties lekker. Baie lekker en veilig, maar die berg op is bietjie gevaarlik vir my.
Jan 2025
Heinrich B
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlik rustig en baie privaat! Heerlik gebly. Als wat mens nodig het om rustig te raak. Baie privaat.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Nedine Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
  • Gaste dink Wolwekrans Eco Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 800
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 800
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 6 and 7 Farm, Sterkspruit, Schoemanskloof, 9762, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA57b036e089a2224a182688d0377fbba3833ec9636883fa1a687683c608ca4023a48386381b7d0740efe66efc682604ede4df?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag (plek vir 2) 60 5 1 5 Portion 6 and 7 Farm Sterkspruit 9762 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -25.413479185985 30.557208339123
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang