Successfully reported
+26

X Ventures

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: XVentures, Plot 19, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R920 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

X Ventures bied die ideale wegbreek vir vriende, 'n gesin of kollegas. Dit is ook perfek vir spanbou of net 'n prettige dag in die buitelig. Dit is langs die N1-hoofweg geleë, grens aan die lughawe en is slegs 9 km vanaf Beaufort-Wes. XVentures is die ideale stop om 'n breek te vat na 'n lang dag op die pad of vir 'n naweekwegbreek.

Daar is 3 verskillende verblyfopsies, 3 selfsorg-eenhede, 1 toegeruste karavaan en 6 kampeerplekke.

Daar is 6 kampeerterreine vir karavane en of tente en 3 volledig toegeruste karavaan vir diegene wat graag wil kamp, maar nie die nodige geriewe het nie. Die kampterrein het netjiese, skoon ablusieblokke vir mans en dames met 2 warmwaterstorte in elkeen. Daar is speelparke vir kinders, 2 swembaddens met glyplanke, groen gras, 'n mini-gholfbaan, 'n sokker-, rugby- en 'n vlugbalveldjie, tafeltennis en verfbal kan op versoek gereël word.

Die 3 selfsorg-eenhede bied verblyf vir 4 tot 7 gaste. Elkeen is toegerus met die nodige linne in kamers en die kombuisies is toegerus met 'n stoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster en alle kombuistoebehore. Elke eenheid het 'n dubbelbed en enkelbeddens. Twee van die eenhede se badkamers het 'n bad en 'n stort, terwyl die derde eenheid slegs 'n stort het.

Daar is 'n winkeltjie vir basiese benodighede op die perseel. Kaartgeriewe is beskikbaar.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 210 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Johan V
Besigheidsreis
5.0
Netjies, vriendelike gasheer. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mei 2025
Jan F
5.0
Netjies, skoon en veilig. Baie mooi en netjies en ook veilig.
Feb 2025
Kobus J
Gesin met klein kinders
5.0
'n definitiewe pitstop vir die volgende keer! Fantasties lekker gekuier en baie vriendelike verwelkoming!
Jan 2025
Jurie S
4.8
Goeie putstop vir oornag. Die 1 vroulike werkers wat in 'n karavaan naby kamer 1 was, het vanaf ek daar gekom het tot laat aand kliphard gesing en dan...
Sien meer
Des 2024
Jacques S
4.8
Lekker plaas gevoel! Baie rustig en lekker plaasgevoel. Jaco is baie vriendelik en behulpsaam. Kinders sal dit ook baie geniet daar. Sal weer daar oor...
Sien meer
Okt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Jaco Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 210

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • XVentures, Plot 19, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink X Ventures het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 920
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 920
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 920
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: XVentures, Plot 19, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZhODNkNWU5LWMyNjItNGQ5Ny1hZmI5LTViNjJjNDdhMWM5Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R920 per nag, vir 2 mense 210 5 1 5 XVentures Plot 19 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -32.306377051154 22.649055719376
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang