Zazu Lodge, Kruger Park Lodge IKZ2
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lodge 210 Portia Shabungu Drive, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Vanaf R3 100 per nag (plek vir 6)
Beskrywing
Zazu Lodge, Kruger Park Lodge IKZ2 is 'n selfsorg-lodge op die Kruger Park Lodge Golf Estate in Hazyview. Dié grasdak-villa bied slaapplek aan 6 gaste en die landgoed spog met 'n 9 putjie-gholfbaan wat deur Gary Player ontwerp is.
Dié dubbelverdieping-lodge het 3 kamers met lugversorging, 2 badkamers en 'n oopplan-leefarea. Alle kamers is op die boonste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort. Die tweede en derde kamer het elk 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word en gaste deel die tweede badkamer met 'n toilet, wasbak, bad en 'n stort.
Die kombuis is met 'n yskas, mikrogolf, oond, stoof, skottelgoedwasser en ander toebehore toegerus. Die oopplan-sitarea langsaan het 'n HD TV en lei na 'n onderdakstoep met 'n ingeboude braai-area en 'n etenstafel met buite-sitplek.
Die huis spog met gratis WiFi en onderdakparkeerplek vir 2 voertuie.
Gaste het toegang tot die landgoed se geriewe soos die swembaddens, tennis- en vlugbalbane en voetslaanpaaie langs die Sabierivier en die gholfbaan. Daar is verskeie fonteintjies, ryk voëllewe, seekoeie, apies, impalas en ander wild op die perseel.
Die landgoed is naby die winkelsentrums, restaurante en sowat 12 km vanaf die Krugerwildtuin se Phabeni-hek.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Dillon Geverifieer
Eiendomme 64
Resensies 237
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Lodge 210 Portia Shabungu Drive, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
- Gaste dink Zazu Lodge, Kruger Park Lodge IKZ2 het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 16:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Lodge 210 Portia Shabungu Drive, Kruger Park Lodge, Hazyview, 1242, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang