Successfully reported
+171

Zonnenstrahl Guesthouse

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 371, New Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Zonnenstrahl Guesthouse is in die buitewyke van die skilderagtige dorpie Nieu-Bethesda geleë en bied gerieflike, bekostigbare en stylvolle selfsorgverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Die gastehuis kombineer ouwêreldse bekoring met moderne geriewe om aangename verblyf te verseker. Die huis kan as 'n geheel aan 8 gaste verhuur word of kleiner groepe kan Oupa Barend bespreek met slaapplek vir 6, of Oupa Alph met slaapplek vir 2.

Oupa Barend is 'n selfsorghuis met 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer en tweede slaapkamer het elkeen 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is ook 'n sitarea en 'n eetarea met 'n kaggel. Die kombuis is met 'n stoof, 'n oond, 'n yskas, 'n mikrogolfoond, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe, sowel as 'n opwaskamer toegerus. Buite is daar 'n stoep met braaigeriewe.

Oupa Alph het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die suite het ook 'n sitarea met 'n kaggel en Franse deure wat na die stoep en tuin lei. Die kombuisie is met 'n mikrogolfoond, 'n yskassie, ketel, tweeplaatgasstoof, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Daar is geen kombuiswasbak nie. Buite is daar braaigeriewe op die stoep.

Albei eenhede het Franse deure wat na die tuin en stoep lei. Zonnenstrahl het ook 'n lekker buitebraai-area vir gaste. Alle gaste het toegang tot die tuin en veilige parkeerplek op die omheinde perseel.

Met dié dat daar nie TV's of WiFi is nie, kan gaste die asemrowende uitsig op die omliggende berge en die rustigheid wat die Karoo bied geniet. Kom ervaar die knetterende vuur, die bloeisels in die lente, die herfsblare en die sterre.

Nieu-Bethesda het nie 'n vulstasie, bank of kredietkaartgeriewe nie. Gaste moet hulle tenks en beursies volmaak voor hulle arriveer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 33 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.1
Waarde vir geld
4.2
Diens
3.8
Veiligheid
4.3
Gaste se hoogtepunte
Rethea B
Saam met lewensmaat
5.0
Groot seën. Nieu Bethesda is 'n moet stop, dit is vir seker 'n hidden gem. Die antieke Zonnestrahl was vir ons 'n groot blessing. Die bad was so lekke...
Sien meer
Apr 2025
Jannie V
5.0
Siellerus. Verblyf was heerlik en rustig. Alles was in plek, skoon en netjies.
Apr 2025
Charne B
5.0
Lekker gebly. Kort net WiFi. Verder het ons lekker gebly.
Des 2024
Marius C
Saam met lewensmaat
4.8
The eenheid is ruim, gerieflik, goed toegerus en skoon. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2025
Madie E
Saam met lewensmaat
4.6
Goeie ou wêreldse rustige omgewing. Net oornag, was alles in orde behalwe vir die badkamerreëling wat van die muur afval as jy jou handdoek wil ophang...
Sien meer
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.4/5

Elmaree Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 104

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Plot 371, New Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
  • Gaste dink Zonnenstrahl Guesthouse het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plot 371, New Street, Nieu-Bethesda, 6286, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf6f2be8529ef883c15a080071b3a9213b0b98ed93699695af356fc0f7ef0cecadba984ab7926526a5cae617329a567256a46?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 33 5 1 4 Plot 371 New Street 6286 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -31.873355072597 24.551473904068

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang