Met Durban se son wat amper heeljaar skyn, is daar geen verskoning om nie die huis te verlaat en die omgewing te verken nie. Of jy nou ’n toeris met ’n redelike reisbegroting is of ’n plaaslike inwoner wat daardie sente twee keer omdraai, ons gids wys jou die beste doendinge in Durban sonder dat jy jou hand te diep in jou sak hoef te steek.

Foto: Durban Botanic Gardens via Facebook

Ontsnap uit die stadsgewoel na Afrika se oudste botaniese tuin. Dit is ’n absolute moet-sien en ideaal vir ’n ontspannende middag tussen eksotiese plante. Die tuin bied ook verskeie konserte dwarsdeur die jaar aan.

  • Atmosfeer: Subtropiese bome, palmbome en die beroemde Orgideëhuis
  • Koste: Gratis toegang tot die tuin, maar konsertkaartjies kan wissel
  • Ligging: John Zikhaliweg 9A, Berea
  • Ure (Tuine): Winter 07:30 tot 17:15 en somer 07:30 tot 17:45
Foto: Flickr

Hierdie park was eens ’n pynappelplantasie en is nou die tuiste van die Kelleher-roostuin wat ongeveer 1 500 rose van 200 verskillende variëteite bevat. Dit staan as ’n pragtige en ruim plek om te ontspan ​​bekend, so pak jou piekniekmandjie in, geniet die roosgeure en bring selfs jou viervoetvriend saam!

  • Atmosfeer: Perfek vir pieknieks en ’n gewilde plek om met honde te stap
  • Koste: Gratis
  • Ligging: Morningside, Bere
  • Ure: 06:00 tot 18:00 daagliks
Foto: EThekwini Municipality via Facebook

Die Amfiteatertuine is in die hartjie van Durban se Goue Myl geleë en hiér kan jy van die skares wegglip en vir ’n oomblik kom rus. Die welige tuin is  reg langs die see en is perfek vir ’n asemskepwandel met ’n pragtige uitsig. 

  • Atmosfeer: ’n Lowerryke ruimte met wandelpaadjies en priële
  • Koste: Gratis
  • Ligging: Snell Parade, Strandfront
  • Ure: Daagliks van 8:00 tot 19:00 gedurende die somer (September tot Maart) en 8:00 tot 18:00 gedurende die winter (April tot Augustus)
Foto: EThekwini Municipality via Facebook

Wou jy nog altyd met ’n T. rex skouers skuur of ’n Dodo-skelet van nader bekyk? Maak die briljantjie in jou wakker by dié museum wat die geskiedenis van die aarde deur middel van uitstallings soos dinosourusreplikas, realistiese dioramas en fossiele ten toon stel. Die museum is in 1887 gestig en beklemtoon die belang van biodiversiteitsbewaring en ekologie.

  • Atmosfeer: ’n Indiepte blik op die aarde se geskiedenis. Ideaal vir nuuskierige agies!
  • Koste: Gratis
  • Ligging: 1ste verdieping, Stadsaal, Anton Lembede-straat
  • Ure: Maandag tot Saterdag 08:30 tot 15:45 en Sondag en openbare vakansiedae 11:00 tot 15:45
Foto: Victoria Street Market

Kom ervaar die hartklop van Durban se Indiese Kwartier! Hierdie mark is ’n sensoriese ontploffing van speserye, tekstiele en tradisionele produkte.

  • Atmosfeer: Lewendig, geurig en die beste plek vir unieke handelsware
  • Koste: Gratis om rond te stap en te verken
  • Ligging: Victoriastraat 151/155, Durban-sentraal
Foto: I Heart Market via Facebook

Is jy op soek na unieke skatte? Hier sal jy alles van fynproewerskos en tuisgemaakte lekkernye tot pragtige herwinde goedere raakloop. Dít is een van Durban se gunstelingplekke om plaaslike kunstenaars en skeppers te ondersteun.

  • Atmosfeer: Plaaslike handgemaakte items, kookuns en gesellige
  • Koste: Gratis
  • Ligging: The Hay Store in Durban se Point Waterfront
  • Datums: Eerste Saterdag van elke maand
Foto: Mini Town

Voel soos ’n reus tussen al Durban se belangrikste landmerke! Alles, van die hawe tot die krieketstadion, word tot ’n 1:24-skaal verklein. Hierdie unieke avontuur is ’n klassieke moet-besoek-aktiwiteit wat pret vir die hele gesin is.

  • Atmosfeer: Nostalgiese klein stadswêreld wat vir wonderlike foto-geleenthede sorg.
  • Koste: R40 per volwassene, R30 per kind (2 tot 13 jaar)
  • Ligging: Snell Parade 114, naby Snake Park Beach
  • Ure: 09:30 tot 16:30 daagliks
Foto: Visit Durban

Speel toeris in jou eie land en ervaar die Goue Myl soos ’n plaaslike celeb! Die riksja-bestuurders is vir hul manjifieke, helder uitrustings en truuks bekend en verseker ’n skilderagtige strandfront-ervaring.

  • Atmosfeer: Energiek, kleurvol en kenmerkend aan Durban. Dis ’n prettige en kulturele ervaring met die ritmiese geklingel van die riksja-klokke.
  • Koste: Onder R50, afhangende van die aantal passasiers en die afstand van die rit.
  • Ligging: OR Tambo Parade, Strandfront
Foto: EThekwini Municipality via Facebook

As jy van natuurwandelings hou, gee hierdie reservaat jou ’n pragtige kans om na ’n kuswoud en grasvelde te ontsnap. Die reservaat vorm deel van die Ezemvelo KZN Wildlife-bewarea en spog met ’n rits stap- en bergfietsroetes wat tussen 5 en 13 km lank is, sowel as ’n rolstoelvriendelike roete wat vanaf die hoofparkeerterrein toeganklik is.

  • Atmosfeer: ’n Wildbewarea met sebras, bosbokke, voëlspesies en stap- en bergfietsroetes.
  • Koste: R40 per volwassene, R20 per kind (pryse kan wissel)
  • Ligging: Yellowwood Park (Buite Durban-wes)
Foto: The Fun Company SA via Facebook

The Fun Company is ’n ideale plek vir binnenshuise pret met verskeie takke reg oor die groter Durban-gebied. Hierdie gesinsvermaaksentrum bied aktiwiteite soos kegelbal, arkadespeletjies, ’n laserdoolhof, botsmotors en ’n XD-teater, en is perfek vir ’n gesinsuitstappie of verjaardagpartytjies.

  • Atmosfeer: Energiek met flikkerende ligte, lekker musiek en arkadespeletjies.
  • Koste: Toegang is gratis, maar ’n eenmalige fooi van R10 word vir ’n “speelkaart” gehef wat dan met ’n Rand-waarde van jou keuse gelaai word. Aktiwiteitspryse begin by minder as R50.
  • Ligging: The Pavilion Winkelsentrum, Jack Martens Dr, Westville
  • Ure: 11:00 tot 21:30 op weeksdae en 10:00 tot 22:00 oor naweke
Foto: uShaka Marine World via Facebook

Jy het nie ’n voldagkaartjie nodig om uShaka Marine World te verken nie. Wees op die uitkyk vir spesifieke, bekostigbare aktiwiteite, soos Kids World, die reptiele by Dangerous Creatures en die visvoer-ervaring.

Dangerous Creatures

  • Atmosfeer: Hiér word reptiele en rare spesies van reg oor die wêreld uitgestal. Dis ’n opwindende, opvoedkundige ervaring..
  • Koste: R78 (volwassenes, kinders en bejaardes)
  • Ligging: uShaka Marine World
  • Ure: Daagliks van 10:00 tot 16:00

Kids World (2 tot 12 jaar)

  • Atmosfeer: ’n Kleurvolle wêreld spesifiek vir kinders, met ’n groot klimraam, ’n Splish-Splash-waterspeelarea en kreatiewe aktiwiteithoekies. Energieke, verbeeldingryke vermaak vir die kleinspan.
  • Koste: R75 (kinders), R21 (volwassenes)
  • Ligging: uShaka Marine World (naby die hoofingang)
  • Ure: Wissel in die stilseisoen, maar gewoonlik van 09:00 tot 17:00.

Visvoer-ervaring

  • Atmosfeer: Hiér kan jy help om die seelewe by die Open Ocean-uitstalling te voer. Dis interaktief, uniek en verseker ’n onvergeetlike foto-geleentheid.
  • Koste: R68 (volwassenes, kinders en bejaardes)
  • Ligging: By die Sea Animal Encounter-eiland in uShaka Marine World
  • Ure: Dinsdae en Donderdae tot Sondae om 11:00 (bespreek dit vooraf).
Foto: Giba Gorge MTB Park via Facebook

Giba Gorge is ’n wonderlike daguitstappie vir fietsryers én nie-fietsryers. Daar is roetes vir verskillende vaardigheidsvlakke en die park het ’n restaurant waar julle na die tyd lekker kan kuier.

  • Atmosfeer: Ideaal vir aktiewe buitelugliefhebbers. Dis ’n skilderagtige park met ’n ontspannende atmosfeer en ’n gesellige restaurant.
  • Koste: R100 (volwassenes), R70 (kinders onder 12 jaar), R50 (besoeker/nie-fietsryer)
  • Ligging: Stockvillew eg 110, Pinetown
  • Ure: 07:00 tot 17:00 daagliks
Foto: Zulumoon Gondolas

Ervaar die Point Waterfront vanuit ’n gondel en dryf saggies op die skilderagtige kanaal. Zulumoon Gondels bied privaat gondelbootritte met dag- en nagpakette wat met ekstras soos ’n piekniek of musiek aangepas kan word.

  • Atmosfeer: Romanties, ontspannend en ’n prentjiemooi ervaring. Dit is ’n baie gewilde plek vir verlowings, romantiese afsprake en ’n rustige aktiwiteit vir gesinne.
  • Koste: Dagritte begin vanaf R80 per persoon.
  • Ligging: Canal Gondola Dock, Durban Point Waterfront
  • Ure: Dagritte 10:50 tot 17:45 en nagritte vanaf 18:00
Foto: Pexels

Jy kan nie Durban besoek sonder om kerriebrood, oftewel bunny chow, te proe nie! Hoewel dit as ’n plaaslike sakpasmaaltyd beskou word, kan pryse na gelang van die ligging wissel. Die Britannia Hotel is veral vir sy outentieke, legendariese bunny chow bekend.

  • Atmosfeer: Heerlike, tradisionele kerrie wat in ’n uitgeholde brood bedien word.
  • Koste: Pryse begin vanaf R98
  • Ligging: Britannia Hotel, 1299 Umgeni Road, Berea
  • Ure: Sondag tot Dinsdag 7:00 tot 20:30 en Woensdag tot Saterdag 7:00 tot 21:30
Foto: Phezulu Safari Park via Facebook

Die reptielpark is in die groter safaripark wat met ’n groot verskeidenheid slange, krokodille en skilpaaie spog. Alhoewel sommige aktiwiteite meer as R100 kos, pas die merkwaardige reptielpark steeds binne jou R100-begroting. Julle kan begeleide toere bywoon om meer oor die reptiele te leer of een van die vele ander aktiwiteite vir die jongspan én ouers kies.

  • Atmosfeer: Eksoties en opwindend, met ’n toegewyde area om plaaslike en eksotiese reptiele van nader te sien.
  • Koste: Slegs reptielpark: R75 per volwassene en R60 per kind onder 12 jaar
  • Ligging: Old Main Road, Bothas Hill (Buite Durban-wes)
  • Ure: 8:00 tot 16:30 daagliks

Dis somer ’n mite dat ’n onvergeetlike gesinsvakansie ’n massiewe begroting vereis. Durban se lewendige atmosfeer bied talle geleenthede vir avontuur en gehaltetyd – alles vir R100 of minder! Wil jy hierdie idees in ’n ware wegbreek omskep? Bespreek jou perfekte wegbreek in Durban op LekkeSlaap en begin jou begrotingsvriendelike wegbreek beplan!

Is jy gereed om Durban te verken? Bespreek jou verblyf hier:

Hooffoto: Pexels

*Let asb. dat die pryse in hierdie blog akkuraat ten tyde van plasing is en onderhewig aan verandering is*


Lees ook:

 Topbestemmings buite Kaapstad, Johannesburg en Durban

Gewilde roetereise in SA

Mpumalanga: Aktiwiteite vir jou volgende avontuur