LekkeSlaap blog
Skrywer: Bea Punt
Na hoërskool, waar Bea se passie vir kreatiewe skryfwerk begin blom het, het sy haar Honneursgraad in Joernalistiek by Stellenbosch voltooi en sedertdien het haar liefde vir tale, fotografie en goeie koffie aanhou groei. Sy moet elke hond wat sy raakloop 'n kopvryfie gee en droom om eendag 'n sonhuisie by die see te hê.
Jou gids tot die South African 4×4 & Outdoor Show
Trek jou kalender nader en pen hierdie geleentheid neer as jy na ’n bietjie avontuur verlang! Die South African 4×4 & Outdoor Show by die Zwartkops-renbaan is ’n ikoniese geleentheid vir avonturiers, reisigers en buitelug-entoesiaste wat op soek is na die nuutste toerusting en kundige advies. Of jy nou droom van jou volgende roetereis of […]
Comic Con Africa: Johannesburg en Kaapstad
Comic Con Africa is Suid-Afrika se vernaamste multi-genre-strokiesprentkonvensie en spog met twee groot geleenthede — een in Johannesburg en een in Kaapstad. Dit vier alles rakende popkultuur, insluitend strokiesprente, videospeletjies, anime, manga en wetenskapsfiksie. Sedert dit in 2018 ontstaan het, het dit ’n hoofbyeenkoms vir die plaaslike aanhangergemeenskap geword en lok dit elke jaar tienduisende […]
Gewilde roetereise in SA
Is jy gereed om jou kantoorstoel vir ’n motorsitplek en jou doenlysie vir ’n emmerskoplysie te verruil? Suid-Afrika is die tuiste van beeldskone bestemmings en niks klop die oop langpad met afgedraaide vensters en die reuk van avontuur in die lug nie. Kuslynkurwes, Karoo-stof en berge so majestueus dat hulle jou sal laat stilhou net […]
Gesinsvriendelike plaaswegbreke
Is jy op soek na ’n wegbreek waar die enigste verkeersknoop plaasdiere en ’n paar boomstompe is? Dan is hierdie bekoorlike plaasverblyf perfek vir jou! Van bessiepluk tot prentjiemooi geluk, LekkeSlaap het plaasblyplekke vir paartjies, gesinne en selfs jou viervoetvriende. Dassenheuwel Farm Stay Malmesbury Dassenheuwel Farm Stay is in die hartjie van die Swartland geleë […]
Verdubbel jou vakansiedae met dié slim verlofwenke
Herstel jy nog na die dol feesseisoen? Of miskien lê jou welverdiende wegbreek nog voor! Hoe dit ook al sy, 2025 se vakansiedae skep talle geleenthede om jou langnaweke nóg langer uit te rek deur jou verlofdae slim te beplan. Ons wys jou hoe met hierdie nuttige gids en ’n lekke rooster aan die einde […]
My gewone vakansiedorp is vol vir die somervakansie. Hoe nou?
Ná ’n jaar vol uitdagings, verdien ons almal ’n ruskans. Hoewel sommige van ons graag met Jan Tuisbly se karretjie ry, bars die besprekingskalenders van blyplekke in gewilde vakansiedorpe, veral dié naby die see, weer uit hul nate en dit veroorsaak dat ’n vinnige wegbreek of ’n op-die-nippertjie-bespreking ’n onbegonne taak is. Hoe dan gemaak […]
10 Besonderse berghuisies vir ’n winterwegbreek
Dis seweuur op ’n Vrydagoggend en jy sit al weer in die verkeer. Die enigste vooruitsig wat jy vandag het, is gisteraand se oorskiet-pasta in jou kosblik en bykans ’n miljoen e-posse wat lê en wag. Klink dít vir jou bekend? As jy moeg is vir swoeg en sweet om jou brood en botter te […]
12 Lekke plekke vir blommekyk in Namakwaland
Tydens blomseisoen word Namakwaland bont geverf. Dié streek is bekend vir sy skouspelagtige veldblomlandskappe wat besoekers van heinde en verre lok. In hierdie blog lys ons ‘n paar plekke waar jy sommer dié kleurvolle verskynsel vanaf jou stoep kan bewonder! Maak sommer hierdie blomkyk-uitstappie ’n paar dae lank en bespreek by een van die lekke […]