Elke jaar rondom Augustus neem die George Landbouskou die George Skougronde oor en sorg dit vir ’n feestelike naweek van boerdery, kos, vermaak en gemeenskapsgees in die Suid-Kaap.

Hierdie ikoniese landbougeleentheid is al meer as 160 jaar deel van die streek se erfenis, en dit groei steeds – letterlik en figuurlik. Of jy nou ’n plaaslike inwoner, ’n besoeker of net op soek is na iets unieks om in George gedurende hierdie tyd van die jaar te doen, die George Landbouskou belowe ’n opwindende program propvol uitstallings, optredes en ervarings vir alle ouderdomme.

Foto te danke aan George Landbouskou

Waaroor gaan die George Landbouskou?

Die George Landbouskou is meer as net ’n tentoonstelling van boerdery – dit is ’n viering van plaaslike talent, gemeenskapstrots en alles wat met die platteland te doen het. Hierdie geleentheid lok elke jaar duisende besoekers met sy opwindende mengsel van vermaak en landbou.

Hier sal jy alles van vee-uitstallings en perdry-geleenthede tot handwerkstalletjies, kookdemonstrasies en selfs gevegsport en tafelspeletjies raakloop. Die organiseerders werk hard om elke jaar meer van die gemeenskap te betrek, en besoekers sal werklik hierdie ervaring geniet wat tradisionele plaaslewe met kontemporêre kultuur meng.

Of jy nou van plaaslike kookkuns, handgemaakte produkte of die adrenalien van ’n toutrek-finaal hou, daar is iets vir almal om by die George Landbouskou te geniet.

Foto te danke aan George Landbouskou

Ligging en kaartjies

Die George Landbouskou word jaarliks ​​by die George Skougronde in die Wes-Kaap aangebied. Kaartjies is gewoonlik bekostigbaar en kan in die aanloop tot die skou op die skou se amptelike webtuiste gekoop word.

Die hoogtepunte

  • Vee-uitstallings en skaapkuddes (Merino en Dohne Merino)
  • Damesoggend
  • Besigheidsontbyt
  • Musiekoptredes met bekende kunstenaars
  • Titan Fight Night en gevegskunsvertonings
  • Skoudans en kroning van die Skoukoningin
  • Perdbyeenkomste vir ruiter-entoesiaste
  • Skaak-, toutrek-, tafeltennis- en karatetoernooie
  • Gesinsvriendelike stalletjies en kindervermaak
Foto te danke aan George Landbouskou

Wenke vir besoekers

  • Beste besoektyd: Arriveer vroegoggend vir stiller uitstallings, of kom later om die vertonings en musiekopstredes te sien.
  • Parkeerplek: Genoeg parkeerplek is by en naby die lokaal beskikbaar, maar kom vroeg om rye te vermy.
  • Weer: Augustus in George kan koel wees met koue oggende en sonnige middae — trek lae klere aan en bring ’n hoed saam.
  • Verblyf: Daar is ’n rits lekker blyplekke naby die skougronde — kyk hiér.
  • Hoogtepunte: Wees op die uitkyk vir gewilde vertonings, soos vorige verskynings deur Elandré en die Damesoggend wat voorheen deur die kosikoon Carmen Niehaus aangebied is.

Waar om te bly

Beplan jy om sommer ’n naweek van die George Landbouskou te maak? Hier is 3 top-verblyfopsies net ’n paar minute van die aksie af:

’n Moderne Kaaps-Hollandse toevlugsoord vir twee wat stylvolle gerief bied en met ’n koningingrootte-bed, aparte sitkamer met ’n slim-TV, ‘n kombuisie, en WiFi spog. Dit is langs ’n gholfbaan en Pael-bane geleë en ideaal vir paartjies wat naby die dorp wil bly, maar steeds deur rustigheid omring wil word.

Dié selfsorghuis is ideaal vir ’n klein gesin van vier of twee paartjies en is op die skilderagtige Kingswood Gholflandgoed naby die 11de skooonveld geleë. Die huis het ’n volledig toegeruste kombuis en lei na ’n stoep met ’n Weber-braai en ’n uitsig op die Outeniekwaberge.

’n Huislike gastehuis met suites vir paartjies en ’n selfsorgwoonstel vir ’n groter groep. Elke eenheid het lugversorging, ’n TV met Netflix en WiFi, en daar is ’n gemeenskaplike swembad en braaigeriewe op die perseel.

Kliek hier vir nóg opsies naby die George Landbouskou

Bespreek jou verblyf vir die George Landbouskou

Is jy gereed vir ’n naweek van landbou, lekker eet en lekkerkry? Die George Landbouskou is ’n móét op die Tuinroete-kalender en bied werklik iets bied vir almal – van landbou en musiek tot kinderpret en praatjies.

Bespreek jou verblyf vandag en kom ervaar een van die Suid-Kaap se gunsteling-geleenthede!

Hooffoto te danke aan George Landbouskou