Geverifieerde Resensie
Boland
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Boland bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 3555 resensies.
"Ceres het baie verander, dis 'n besige dorp en goedere is uitverkoop oor Kerstyd."
"Die Wine Tram is 'n absolute wonderlike idee en word uitstekend aangebied. Veral omdat jy maklik binne loopafstand van die terminus kan verblyf kry. Vele goeie restaurante om van te kies. Vele nabygeleë goeie wynplase om te besoek. Babylonstoren is 'n absolute moet om te besoek. 'n Belewenis! Ons het die Franschhoek Motormuseum ook baie geniet."
"Dit was regtig lekker. Dit was warm, maar pragtig en daar is so baie om na te gaan kyk. Fietsry, stap, wynproe. Een van beste plekke in die Kaap."
"Daar is 'n paar Juwele in Franschhoek soos Dieu Donne wynplaas, maar ek sal eerder meer tyd in Stellenbosch of die Paarl spandeer en eerder een dag Franschhoek besoek en slaap."
"Ceres itself is rather quiet and a peaceful getaway from city life. The surrounding landscape and wine farms are beautiful."
"Pragtige omgewing. Baie besienswaardighede. Die staproete by Murludi word hoog aanbeveel."
"The Boland is a wonderful area for getaways and we have been to the area a lot, but we find it difficult to do any wine tastings. The hours do not cater for tourists or they are closed on weekends."
"Dit is 'n pragtige plek. Jy vind rus vir jou siel in hierdie pragtig klein dorpie met asemrowende uitsigte."
"Die middedorp met die straatrestaurantjies is lekker kuier. Franschhoek is ook naby en Gordansbaai en Strand naby."
"'n Juweel wat weggesteek is waar jy dit die minste verwag! Dis die mooiste plek!"
"Beautiful little town. Would love to have had more time to explore. Next time."
"Kom al 'n paar jaar hierheen. Pragtige dorp met lekker restaurante en straat kafees. Oulike winkels."