The Olive and Vine Farm Cottage
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
The Olive and Vine Farm Cottage bied selfsorgverblyf op die La Terra de Luc-plaas in Franschhoek. Soos die naam van die huisie, so is die omgewing, tussen olyfbome en wingerde.
The Olive and Vine Cottage is 'n goed toegeruste kothuis wat tot 2 gaste kan akkommodeer. Die kothuis beskik oor 'n slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n bad buite die eenheid vir 'n buitelugbadervaring.
Die eenheid het ook 'n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. Die kombuis het 'n mikrogolf, gasstoof, lugbraaier en yskas. Die eenheid het 'n buitebraaiput wat gaste kan gebruik.
Vanuit die kothuis het gaste 'n uitsig oor die pragtige berge wat die Franschhoekvallei omring. Daar is 'n privaat ingang na die kothuise en ook 'n privaat buite-area om in die son of onder 'n sambreel te ontspan met 'n lekker glas wyn van ons plaaslike wynkelders.
Parkeerplek is beskikbaar onder ou eikebome wat deel is van die skoonheid van hierdie plaas. Daar loop ook 'n riviertjie deur die plaas en jy sal 'n rustige ervaring onder die groot wilgerbome langs die rivier hê. In die somer kan dit 'n droë rivierbedding wees, maar gedurende die winterseisoen, wat die reënseisoen is, sal daar water deurloop.
Dit is 'n wonderlike ligging naby gewilde landmerke, insluitend die Franschhoek Monument, wêreldbekende restaurante, die Franschhoek Wyntram, Pearl Valley Gholfbaan, Jonkershoek Natuurreservaat, bekende wynkelders en vele meer. Daar is baie lekker roetes vir fietsry en stap.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Sophia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 155
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
- Gaste dink The Olive and Vine Farm Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 15:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Dirkie Uys Street, La Terra de Luc Farm, Franschhoek, 7690, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang