Verified Reviews
Calitzdorp
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Calitzdorp
Rated 4.2 out of 5 based on 271 reviews.
"Ideale dorp vir afsaal en kuier en rus vind vir jou siel in 'n pragtige omgewing met wonderlike natuurskoon."
"The museum is a must visit. Zamani is a hidden gem with friendly people and good food."
"Die kort tydjie wat ons daar was, het ons agtergekom dit is nie net 'n deurry dorp nie. As jy stil hou en moeite doen om uit te vind wat daar te doen is, gaan Calitzdorp jou besig hou."
"Was verstom oor alles wat die dorp ons bied en daar is baie interessante mense in die dorp. "
"Met die wynplase en natuurskoon, maak dit die dorp 'n goeie toeristebestemming. Ons was daar vir die jaarlikse Vetplantfees wat absoluut die moeite werd was."
"Vir wynproe en rondreis is Calitzdorp 'n uitstekende, sentrale bestemming. Dis veral geskik vir mense wat (soos ons) die omgewing op bergfietse wil verken!"
"Ons kan nie 'n goeie beoordeling maak nie, want weens die vlak 4 Covid inperkingsmaatreëls was aansit restaurante en wynplase gesluit."
"Ons het by die Portuguese Restaurant gaan eet die aand. Die kos was pateties. Verder was alles nice en lekker gewees."
"Pragtige klein Karoodorpie met soveel karakter. Pragtige ou huisies, heerlike wyn, veilige gevoel waar jy ook al loop. Vriendelike mense, sal beslis weer daar gaan kuier."
"Die kerkklok maak dit so spesiaal elke keer as dit slaan en dit gee nostalgie. Die Dorpshuis is ook 'n besliste moet vir aandete. Uit die boonste rakke!"
"Calitzdorp is 'n moet voor die winter - veral om jou port-voorraad aan te vul. Baie mooi dorpie!"
"Sal defnitief Die Krans, Calitzdorp aanbeveel vir 'n ligte maaltyd. Salig onder die wingerd met goeie diens en gas vryheid en rustige musiek. Hulle Red Ruby is uit die boonste rakke. Bo-Plaas is 'n moet vir nog goeie port."
"The tiny pub in town had live music playing. It was a wonderful surprise and a great atmosphere!"
"Lieflike klein dorpie, nie baie tyd daar spandeer nie, maar vind dit lekker plattelands."
"Pragtige skoon dorpie met baie om te sien. Appelkose pluk by De Krans was ’n heerlike ervaring. Baie goeie inligting by toeristekantoor."