Geverifieerde Resensie
Chintsa (Cintsa)
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Chintsa (Cintsa) bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 61 resensies.
"Die area en natuurskoon is pragtig en ons het regtig te alle tye veilig gevoel. Die superette (kafee) op Cintsa Oos was net vir ons teleurstellend en het nie als gehad wat ons nodig gehad het nie. Koop dus eerder jou eetgoed ens. klaar op Oos-Londen of waar ook al, voor jy deurry na Cintsa Oos. Die Crossways winkelsentrum net 'n entjie van daar af het egter ook al die nodige winkels gehad. Die paaie was beter as wat ons verwag het en mens kan lekker op ry tot by Morganbaai en Keimond en daar was nie te veel slaggate nie."
"Eerste keer in Cintsa en elke oomblik geniet. Hoop om gou terug te gaan of miskien af te tree!"
"Crawford Beach Lodge is great, however would not travel to the area if not staying at the hotel."
"The long beach is great, but the place seems a bit rundown and an aggressive car guard by the beach a bit unpleasant. "
"Not much to do or see unless you travel to another area, limited options for local eating other than Crawfords."
"'n Plek waar jy jouself weer kan vind in die pragtige natuurskoon en stilte!"
"Die omgewing is baie mooi. Ek kan dit vir elkeen wat dit oorweeg om daarheen te reis aanbeveel! "
"Ek kan nie glo dit het ons so lank gevat om hier te kom vakansie hou nie. 'n Paradys - hierdie tipe juwele in Suid-Afrika moet baie mooi opgepas en deur die toerismebedryf ondersteun word."
"Cintsa is beeldskoon. Almal is vriendelik en die natuur om jou is onbeskryflik mooi!"
"In Cintsa West i's n restaurant, Die Dek is sy naam. Puik diens, en kos vir konings."
"If you want to literally disconnect and get away from it all, Cintsa is a perfect place to start. Beaches are incredible - you can literally walk for miles! Pizzas at the Barefoot Cafe were outstanding. Meals at The C Club were great and good value for money. Perfect spot for a family meal. Live music on weekends was a pleasant and unexpected surprise."
"Cintsa is die perfekte dorpie as jy wil ontsnap van die stadsomgewing. Dit is 'n beeldskone omgewing, met kilometers se strande wat smeek om op geloop te word. Die dorpie is bitter klein, met slegs die nodige geriewe. Daar is nie veel om te doen behalwe te rus en die natuur te geniet nie - droomvakansie!"
"Het aanvanklik net gesukkel om uit te werk hoe die eetplekke werk, maar as jy dit eers verstaan dan gaan dit sommer baie makliker. Het baie van die Village Bistro se kos en diens gehou. Dit is waarlik 'n heerlike plek om te kom afskakel en jou batterye te kom herlaai."