Geverifieerde Resensie
De Rust
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in De Rust bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 234 resensies.
"De Rust is 'n móét besoek dorpie, waar alles skoon en netjies is. Die vriendelikste, gasvry mense. Oulike restaurant en koffiewinkels. Pragtige natuurskoon."
"Bekoorlike dorpie met vriendelike mense. Baie mooi en rustig."
"It has a lovely village feel about it. All the shop owners are super friendly and you can literally get everything you need in terms of supplies. Over holiday periods fresh fruit and veg sell out quickly. Coffee shops are excellent with free wireless and can definitely recommend Ray's. There are 2 petrol stations, wine shops, 2 little supermarkets, gift shops, great hairdresser up one of the side roads etc. and its just a couple of minutes drive from the farm."
"Klein, rustige, plattelandse dorpie met geen groot winkelsentrums nie. Die nodigste goedere is wel beskikbaar. Verskeie besienswaardighede kan in die omgewing besoek word."
"Ons sal beslis terugkom na De Rust, dit is 'n netjiese Karoo-dorpie met baie om te sien en doen op die dorpie self en omliggende omgewing."
"Ons het die naweek van die Meiringspoort Fiets wedren gekies, wat toevallig ook die naweek van die Kerk basaar was. Het dit vreeslik geniet, maar ek dink oor die algemeen is De Rust stil, en daar is nie veel vermaak nie. Mens moet verstaan dat dit 'n "wegkomkans" is wanneer jy De Rust kies as bestemming! "
"In die Karoo. Lieflike kalmte in die omgewing. Mens kan regtig jou hart daar verloor."
"Lieflike dorpie met aangename mense en 'n groot hoop wonderlike dinge om te sien."
"Definitief 'n plek waarna ons wil terugkeer. Binne in Meiringskloof geleë en omring met die Swartberg se koppe. Werklik asemrowende uitsig."
"De Rust en omgewing is van ons gunsteling plekke. Die dorp se inwoners doen moeite om dit aantreklik te maak. Ry gerus die agterpaaie, ontmoet die mense en besoek die padstalle en koop hul ware. Hier leef hul nog vir mekaar. Ons het die klein dorpies nodig en ons moet hul ondersteun."
"De Rust is a very nice little town and people are friendly and helpful."
"'n Aangename plattelandse plek met heelwat restaurante en winkeltjies om te besoek."
"Baie oulike 'one-stop' dorpie. Die restaurant 'Herrie' se diens was stadig, maar die kos was baie lekker."
"Just the right place to use as a basis when you want to explore the beauty of the Karoo or it's an amazing place for a tranquil break."
"Pragtige dorpie met vele bedrywighede in die onmiddellike omgewing. Meiringspoort is asemrowend mooi en die publieke badkamers is pynlik skoon en netjies. 1ste klas toeriste-aantreklikheid."