Geverifieerde Resensie
Douglas
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Douglas bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.9 uit 5 gekry volgens 74 resensies.
"Die dorp is 'n plattelandse dorp. Ons het spesiaal Douglas toe gegaan om die samevloeiing van die Vaal en Oranje te besoek. 'n Pragtige gesig maar word nie as toeristebestemming benut nie. 'n Paar plaaslike inwoners vra geld vir elke persoon wat besoek aflê. Toiletgerief ellendig."
"Ons het nie veel tyd daar spandeer nie, maar alle geriewe is daar. Daar is 'n Spar wat altyd goed is en 'n uistekende slaghuis. Nie ver van daar nie is die samevloeiing van die Oranje en die Vaal en dit was iets om te sien, veral omdat beide riviere nou so vol is."
"Overall the people there are very friendly and helpful. Really made our stay enjoyable."
"Die paaie is in baie slegte toestand en kan meer gedoen word met skoonmaak in die dorp."
"Ons het die bymekaarplek besoek waar die Oranje en Vaal Riviere bymekaar kom. Dit word nou deur plaaslike mense 'onderhou' (die viewpoint), en is skoon en netjies. Blyk die munisipaliteit het nie meer belang daarin nie. Dit was vir ons interessant om dit te sien."
"Verskriklike slaggate op al die paaie. Mens kan die munisipale wanbestuur met ’n stok voel. Vreeslik hartseer om dit te sien. Ons het met ’n gewone sedan voertuig die dorp besoek. Ek sal dit nie aanbeveel nie. Op sommige plekke moes ons op die sypaadjie ry. Wat ’n kontras teenoor die toestand van ons paaie in die Wes-Kaap."
"Die samenvloeiïng van die Oranje en Vaal is iets om te beleef. Soos meeste plattelandse dorpies word Douglas egter verwaarloos deur die plaaslike regering. Hartseer."
"Dis 'n klein dorpie met versteekte juwele. Die samevloeiing van die riviere net buite die dorp is asemrowend"
"So paar draaie deur die dorp gery. Brandstof ingegooi - erg onvriendelik! Parkie opgesoek - besoedel en vuil! Teleurstellend!"
"Douglas is 'n klein dorpie omring deur groen spilpunte. Dis 'n vriendelike gemeenskap met warm harte. Die heuningplaas en vriesperdestoet is 'n wonderlike uitstappie vir besoekers. "
"Douglas is 'n baie klein dorpie. Het by 2 plekke gaan eet. En diens was vreeslik sleg."
"Very cute little town. We enjoyed visiting the winery. People were very professional and friendly."
"We visited Douglas briefly, to buy firewood and to have a quick look around. We did not visit any tourist destinations, as we were staying in accommodation about 15 km away."