Geverifieerde Resensie
Eastern Cape
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Eastern Cape bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.4 uit 5 gekry volgens 6675 resensies.
"Wel, soos die res van Suid Afrika is die verval sigbaar. Maar dit is 'n pragtige dorp en die restaurant Polka is van die beste in die wêreld."
"Mens behoort 'n dag hier deur te bring om alles te sien, want 'n oorslaap was nie voldoende nie. Dit help dat daar nou 'n teerpad na die dorp vanaf Graaff-Reinet se kant is, maar dit gaan my verstand te bowe waarom dit skielik ophou 'n hele ent buite die dorp!"
"Ons hou van die stilte en die klein gemeenskap. Die Uilhuis was baie interressant en die restaurantjie en kroegie wat ons besoek het was baie oulik ingerig met mooi dekor. In hierdie dorpie kan 'n mens kom rus en onttrek van die samelewing en net weer jouself vind. Hier wil ek vir 'n maand kom bly!"
"Die omgewing is pragtig! Die paaie in die omgewing is goed onderhou, maar die dorp se strate is werklik iets waaraan die munisipaliteit dringend moet aandag gee!"
"Die oulikste dorpie is baie vervalle. Eienaars van leë huise moet teen bekostigbare pryse verkoop en aan mense wat graag erwe wil bewerk. Die Skemas is goed ontwikkel en floreer. Ek sal graag wil sien dat die munisipaliteit meer aandag aan die skoonmaak van slote en klein stroompies skenk. Ek beveel aan dat skole herwinningsprogramme reël."
"Gonubie is 'n pragtige plekkie en baie lekker om vakansie te hou, want dit is nie so besig nie. Ek sal net wel aanbeveel dat hulle die slaggate toemaak en dat daar vir die mense wat op Kersdag en Nuwejaar op strande mors meer plan gemaak sal word."
"Dit was beslis die 3 dae se oorslaap werd. Ek vertel reeds vir almal wat wil luister hoe 'n heerlike vakansie-ervaring dit was. "
"Venterstad is 'n rustige klein Karoodorpie, maar dit is baie naby die Gariepdam. Die Gariepdam-damwaltoer is verseker die moeite werd. "
"Ongelooflike mooi dorpie met baie om te doen. Ons was egter net te kort daar. Besoek aan Mountain Zebra Reserve is 'n moet en 'n ete by Buffalo Dan's ook. Gasvryheid kry voorkeur in die dorp."
"Gemaklike omgewing met genoeg vermaak vir oud en jonk. Dit was lekker om nie te naby die hoofstrand te bly nie. Ons kon gelukkig parkering kry, al was dit besig. Die kuier- en eetplekke is heerlik en genoeg om van te kies. Die strand is pragtig en wyd versprei, goeie sekuriteit is orals sigbaar."
"Stutterheim is surrounded by forestry and beautiful nature walks. Yet, they also have a fantastically interesting Engine Museum, who's caretaker is truly passionate. This is definitely a place to visit as well if you're passing through the little town."
"It's a big sky country, a place of quiet and natural beauty. What a lovely escape Nieu-Bethesda is!"
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp met wonderlike dinge om te verken. Van ou kerke, museums, kaktustuine tot staproetes en soveel meer, is dit werklik iets om te beleef. Die inwoners is vriendelik en laat 'n mens tuis voel. Van die oomblik wat 'n mens by die dorp inry voel 'n mens ontspanne en verlaat die alledaagse stres jou onmiddellik. "
"Ten spyte van die gure weer, kon ons effe rondstap. Dit lyk na 'n dorp met baie om te sien en te doen. Die museums was reeds gesluit, maar is op ons doen-lys, asook die omgewing, veral die Nasionale Park. Wat wel gehinder het, is die toestand van die park agter die indrukwekkende kerk (voor die stadsaal/burgemeesterskantoor?). Die terrein is vuil en onversorg, met haweloses wat doelloos rondsit. Ons sal wel terugkom om die dorp se besienswaardighede en die omgewing te verken."
Makhanda (Grahamstad), Oos-Kaap
Bartholomew's Loft"Net jammer die Camera Obscura was stukkend en die katedraal was toe."