Geverifieerde Resensie
Erongo
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Erongo bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 204 resensies.
"Walvisbaai is 'n opkomende deel van die Namibiese kus wat grootliks voorsiening maak vir die toeriste deur middel van nuwe inkopiesentrums, asook die waterfront gedeelte met eetplekke en koffiewinkeltjies. Walvisbaai is ook nie te ver geleë vanaf Swakopmund met sy Duitse agtergrond en geboue nie. "
"Vineta is sentraal geleë in Swakopmund, naby alles wat 'n toeris of sakereisiger nodig het, maar stil en rustig."
"Vriendelike, behulpsame, hardwerkende mense en 'n silwerskoon dorp. Verskeidenheid van winkels en restaurante. Heerlik visgevang - sal graag weer daar vakansie gaan hou."
"Onontdekte moontlikhede. Plaaslike bestuur toon min fokus op toerisme. Baie potensiaal. Skoon stad, oop en wye strate, vriendelike en behulpsame inwoners. Groeiende handelspunt. Uitstekende lughawe en goeie strate, paaie en verbindingsroetes."
"Pragtige geboue, rustige atmosfeer, mooiste uitsig van balkonne af."
"Awesome place for adventure and trips out on dunes and boats, great restaurants. Take extra jackets."
"Lieflike dorp met baie besienswaardighede en lieflike winkels. Die mense is vriendelik en hulpvaardig."
"Hentiesbaai is lekker rustige kuierplek en dit is die perfekte betemming vir die regte mense."
"Jammer dat die onvoltooide bouwerk aan die regterkant die mooi uitsig bietjie bederf."
"Die plek is voorwaar 'n plek om vakansie te gaan hou en net te ontspan. Die mense daar het nie issues nie, hulle het grootgeword, baie kan bietjie tyd af vat en gaan leer hoe word dit gedoen. Bravo vir Walvisbaai en Namibië, julle rock vir seker en ja, ek kom vir seker weer kuier."
"Oor die algemeen - by die winkelkies was mense baie vriendelik en behulpsaam met 'n glimlag, die dorp het netjiese en skoon voorkoms, sal dit aanbeveel vir mense wat die eerste keer Namibië toe gaan. Ons het nou wel nie 'n vis gevang nie, maar ons het die reën in die woestyn gevang en lekker "suntan". Kos is wel baie duur so maak seker jou beursie is goed gepak vir die trippie. "