Geverifieerde Resensie
Escape From Cape Town
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.
"Werk aan die strate bemoelik dit om rond te ry, hoewel dit seker noodsaaklik is. "
Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad
Pikkewyntjie"Paternoster is 'n Weskusdorpie wat mens nie moet mis nie. Daar is heerlike restaurante, pragtige gastehuise en 'n strand wat wyd strek. Die winkeltjies is oulik en verkoop sonderlinge ware wat mens nie oral sal kry nie. Die vars vis en kreef wat mens direk van die bote af kan koop en wat proe soos see, is 'n definitiewe trekpleister. Alhoewel die wind kan waai, is Paternoster 'n plekkie wat ek oor en oor en oor sal besoek."
Gansbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Oom Piet Accommodation"Vir 'n eeste besoek aan Gansbaai het ons dit baie aangenaam gevind. "
"Tulbagh is 'n dorpie wat enige mens kan geniet en het die perfekte gevoel van 'n klein dorpie. Intieme plekke waar jy so verwelkom word, jy voel soos 'n inwoner. Besonderse mense en baie lekker wynplase in die area."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
83 Dassen Island"Mooiste plek. 'n Stukkie hemel op aarde wat mooi weggesteek is. Rondom Yzerontein is daar baie ander strande om te sien. Melkbos, Blouberg en Langebaan is net 30 minute weg (Langebaan het 'n mall). Dis 'n lekker klein dorpie met die vriendlikste mense wat altyd regstaan om te help. Van die viswinkel tot die nethied van die Spar is alles die moeite werd en sal ek enige iemand aanraai om 'n draai te maak. Die strand is mooi skoon en die son sak reg voor jou. Sal beslis weer kom kuier!"
Robertson, Ontsnap Uit Kaapstad
Paul Kruger 63"Moenie die streek miskyk nie. Hier is baie om te doen en te geniet."
Villiersdorp, Ontsnap Uit Kaapstad
Bergendal Guesthouse"Die dorp is baie stil op 'n Saterdagaand, maar ons aandete by Teewaterskloofdam was lekker. Net jammer dat daar nie meer eetplekopsies beskikbaar is nie. "
Silversands, Ontsnap Uit Kaapstad
Sol y Sombra"'n Pragtige gedeelte van Bettiesbaai met 'n ongerepte lang strand. Dis heerlik stil en weg van die stadsgeluide. 10 uit 10! "
Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad
Klokkiebosch"Bly asseblief so ongerep! Moenie meer kommersialiseer nie! Dit lyk nog soos die Weskus behoort te lyk!"
Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad
La Rochelle"Baie mooi dorpie met vele besienswaardighede en inkopiesgeleenthede. Gerieflike wegspringpunt na baie bestemmings as mens op 'n vakansie reis is. "
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Orchard Cottage"Pragtige dorpie met oulike winkeltjies, galerye en koffiehuise / restaurante. Die natuur en omgewing is pragtig - Lords Wynkelder is 'n belewenis, asook die lodge/ restaurant / trouvenue met panoramiese uitsigte. Eseltjies by Esetjiesrus raak aan mens se hart. Pragtige huise en geboue!"
Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad
Hermitage Huisies"Wat 'n mooi dorp. Die geskiedenis is fantasties. Ek het gesukkel om Carina by die 'Fairy and Elf Kingdom' weg te kry!"
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Haven of Peace & Garden Cottage"Baie lekker kusdorpie om te ontspan vir n paar dae."
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Tuinhuis"Klapmuts is 'n landelike gebied met plase en kleinhoewes. Daar is wel 'n dorpsgedeelte met meer as een supermark (een daarvan, Pick n Pay Express wat deurnag oop is) en brandstof. Daar is baie toeristebestemmings binne 15 minute vanaf Klapmuts. Die enigste waarskuwing: die grondpaaie af van die hoofroetes vra geduld en respek. "
Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad
Cycads Self-catering 6"Very friendly and accommodating people in Hermanus."
McGregor, Ontsnap Uit Kaapstad
Boesmanskloof Blushingbride Cottage - No.1"Beautiful, quaint little town with galleries, coffee shops, wine tasting - all in one street."
Brandwacht, Ontsnap Uit Kaapstad
Feel @ Home"Brandwacht is 'n uitbreiding in Stellenbosch en naby al die winkels en eetplekke."
L'Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad
South Point Self Guest Lodge"Pragtige foto's geneem by die mees suidelike punt en die skeepswrak saam met die sonsondergang."
Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad
Swept Away Guesthouse"'n Pragtige, rustige plek vir ontspanning en vakansie! Yzerfontein is besonder netjies en inwoners is baie behulpsaam. Verseker 'n besoek werd! "
Klapmuts, Ontsnap Uit Kaapstad
Groendraai Accommodation"Sentraal om die hele omgewing te kan verken!"