Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Escape From Cape Town

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Escape From Cape Town bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.6 uit 5 gekry volgens 16607 resensies.

Yzerfontein, Ontsnap Uit Kaapstad

No17 on Mile16

"Ek was werklik aangenaam verras met die dorp. Die Spar is fantasties - mens kan alles daar kry wat jy nodig het. Goeie verskeidenheid produkte - ook heerlike vars produkte en gebak. Ook die restaurant waar ons gaan eet het, was 'n totale verrassing. Lulu's by die sportklub - heerlikste kos en atmosfeer. Verder is die dorp rustig - mense loop langs die strate met hul honde - dis stil en soms is al wat jy hoor die geruis van die see. Baie naby Darling met talle aktiwiteite om te geniet. Pragtig! "

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

De Ware Jacob

"Die dorpie is ideaal vir 'n wegbreek van die jaag en geraas van die stad. Wat dit lekker maak is dat daar geen winkels is, behalwe vir die kafee en restaurant, so jy voel regtig asof jy kan ontspan en jou eie ding doen. Lekker roetes om te stap langs die see met mooi strande. Sal beslis weer hierdie klein Weskus juweel besoek."

Rawsonville, Ontsnap Uit Kaapstad

La Bri Guest House

"Ons was hier vir 'n troue. Was 4 km weg van die venue af, polisie is baie erg op gaste wat nie van die omgewing af kom nie. Daar is definitief 'n mark vir meer vervoermaatskappye wat gaste optel en aflaai. Maak vervoer van en na 'n bestemming opsioneel - veral as dit vir spesiale okasies is. Vir 'n "plaasdorp" is die polisie erger as in die stad self. Stuur hul bietjie stad toe, ons het hul in die stad meer nodig. Andersins sal ek more Rawsonville toe trek as ek kon."

Jacobsbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

De Ware Jacob

"As jy in 'n mooi plek wil bly en nie omgee om naby die see te wees nie, is dit 'n lekker plek om te bly."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Marcuskraal Campsite

"Citrusdal is 'n klein plattelandse dorpie wat baie besig is op 'n Saterdag, maar daar heers 'n heerlike atmosfeer. Alles wat jy nodig het is daar. Hulle Spar voorsien aan alle behoeftes. Klein koffie winkeltjie waar ons heerlik gekuier het op die stoep. Lieflike omgewing."

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

Whalescape

"Lovely break away from everyday hussle and bussle but limited in cafes and restaurants. Hermanus is 40 minutes' drive away. "

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Bayview Apartment 303

"A great place to enjoy good food, great scenery, wonderful wines and, if whales are in the bay, one of the finest sights in the world. "

Darling, Ontsnap Uit Kaapstad

Disa Lodge

"Lekker dorp. Vriendelike mense, lekker bier. (Darling Brewery) Die verkeer tog!"

Swellendam, Ontsnap Uit Kaapstad

A Log Home At Buffalo Creek

"Die dam en die omgewing is so mooi en die kinders het geniet om die diere op die plase te sien. Regtig naby aan die dorp as jy iets benodig."

De Kelders, Ontsnap Uit Kaapstad

Whalescape

"Rustige en mooi omgewing. Uitstekende plek om 'n rustige vakansie deur te bring."

Franschhoek, Ontsnap Uit Kaapstad

Courchevel Cottages

"Franschhoek is asemrowend mooi en soveel wynplase om te besoek in die omgewing. Dit is wel 'n duur toeristebestemming."

Wellington, Ontsnap Uit Kaapstad

Olifantskop Cottage

"Sigbare straatname sal baie help."

Struisbaai, Ontsnap Uit Kaapstad

The Goose Nest

"Ek wil graag daar gaan aftree."

Agulhas, Ontsnap Uit Kaapstad

Agulhas Ocean House

"Pragitge dorp met baie besienswaardighede en vriendelike mense."

Paternoster, Ontsnap Uit Kaapstad

Vinkie

"Lekker klein dorpie vir wegbreek van stad, verkeer ensovoorts."

Greyton, Ontsnap Uit Kaapstad

Greyton Lodge

"Daar is 'n verskeidenheid eetplekke en genoeg akkommodasie. Die mense is ook baie vriendelik."

Citrusdal, Ontsnap Uit Kaapstad

Kunje Guest Farm

"Vir liefhebbers van die Sederberge en alles wat die "kombuis" van Citrusdal bied, is hierdie area die moeite werd om te besoek. "

Montagu, Ontsnap Uit Kaapstad

Bon Accord Farm Cottages

"Mooi geleë tussen die berge. Uitsigte wat jou tevrede laat, wyn, droë vrugte, rustigheid - hier mag 'n mens maar bly! "

Hermanus, Ontsnap Uit Kaapstad

Penguino Guesthouse

"Mooie kustlijn, paar leuke restaurants, maar verder weinig te beleven. Door slechte weersomstandigheden ging onze boottrip om walvissen te spotten niet door en zagen wij zo goed als geen walvissen. In dat geval hadden we Hermanus kunnen overslaan."

Blad
Blad 508 - Wys 15211 tot 15240

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang