Geverifieerde Resensie
Ficksburg
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Ficksburg bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 3.7 uit 5 gekry volgens 50 resensies.
"We used Ficksburg as a base to do some cycling. The town itself looks a bit neglected."
"Omdat ons net oorgeslaap het, is 'n billike evaluering nie moontlik nie. Daar is wel 'n aangename restaurant net om die hoek. Die strate is in 'n haglike toestand."
"Die potholes bly 'n uitdaging. Lyk of niemand worry en aandag gee daaraan."
"Die dorp het oor die afgelope 20 jaar baie agteruit gegaan. Die paaie is in slegte toestand. Ek voel innig jammer vir pragtige verblyf plekke soos Kersiehuis. Die omgewing rondom die dorp het wêreldklas-uitsigte en visuele attraksie, maar die dorp self is nie 'n kern toeristebestemming."
"Such a lovely town with friendly people. It is so sad for a popular town like Ficksburg and the town council is doing nothing to keep it in a better condition."
"Fantastiese omgewing. Maar die paaie in die omgewing raak uiters sleg, wat toerisme mag benadeel."
"Die ou geboue wat oor is is pragtig, maar as jy nie 'n 4x4 het nie, sal ek nie die slaggate aandurf nie."
"Most restaurant close @ 18H00, on Sundays they are closed. We struggled to get food Saturday and Sunday. Imperani we waited for 20 minutes without assistant and when we went out all restaurants were closed."
"Ficksburg is in 'n toestand van verval. Die paaie is baie sleg, en ek sal nie soontoe gaan in 'n gewone motor nie. Die omgee is egter ongelooflik mooi en ek sal dit weer besoek as 'n toeris."
"Beautiful environment. We were there for the Cherry Festival but spent most time at Sandstone and a nearby Ionia cherry farm where a separate festival was run after the cherry harvest. "
"Baie vervalle geword en sommige strate is so vol potholes dat dit amper onrybaar is. "
"Gholfbaan en gastehuis was awesome! Regtig 'n baie mooi gholfbaan! Maar die paaie en res van ficksburg, eish."
"Die omgewing se natuurskoon was baie besonders. Ek sal baie graag weer wil teruggaan Ficksburg toe vir kersiefeestyd, maar ook om net meer tyd in die omgewing te spandeer. Sandstone Estate is ook 'n besoek werd met die stoomtrein- en ossewa-ritte wat mens daar kan doen."
"Netjiese en rustige dorpie. Inwoners baie bewus van toerisme en die voordele daarvan en wil graag toeriste gelukkig hou. Teen die grens van Lesotho en dus 'n geskikte oornagdorp as jy die Maloti-roete na die Katsedam aanvat."