Verified Reviews
Fouriesburg
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Fouriesburg
Rated 4 out of 5 based on 380 reviews.
"Baie mooi plek by die Malutiberge, strate is net in 'n ongelooflike slegte toestand. Sal moontlik eerder verkies om in Clarens te oornag en dan die dag te spandeer in die Fouriesburg-area."
"Opi Plaasstoep Restaurant is 'n heerlike eetplek, kuierplek en sommer 'n mini "shopping mall". Die kos is voortreflik en die eienares die oulikste en vriendelikste!"
"Die mooie natuurskoon, skoonste strate en lekkerste kersies en kersie-melkskommel by Die Orangepeel koffiewinkel - 'n moet vir almal."
"Wow, they still have working street lights, and street name boards, felt safe to go for a walk. Clean and neat."
"Pragtige dorpie. Bietjie vervalle plek-plek. Plaaskombuis het heerlike kos bedien. Hotel word goed onderhou. Sal Fouriesburg beslis weer besoek."
"Fouriesburg is 'n baie oulike dorp met die mooiste klipkerk. Die grootste bate van die dorp is sy mense. Ons is orals gul ontvang, die mense gaan uit hulle pad uit om 'n mens te help met enige navrae oor dinge om te doen in die area. Die eetplekke doen soveel moeite met hulle kos wat smaaklik voor gesit word en koste effektief is. Affie Lande se tuin dag was 'n heerlike verrassing vir ons, die restaurant is mooi en die kos was voortreflik. Die Orange Apple is diere vriendelik met 'n spys kaart vir jou vier been vriende. Die Plaasstoep Familie Restaurant is ook 'n kuier werd weereens is die kos uit die boonste rakke. Fouriesburg se klimaat is matig in die somer - dis ideaal vir mense wat nie wil uit braai van die hitte tydens die warm somer maande nie. Dis 'n voorkeur vakansieplek vir ons in Desember."
"Enough places to get a meal at night which is always important when travelling long distances."
"Dis 'n klein toeristedorpie. Wees voorbereid want die dorp maak vroeg toe. Klein winkels wat die nodige voorsien. Vat maar 'n dik beursie saam."
"Pragtigste sandsteen geboue is oral te sien in die dorp. Die dorp is baie rustig en jy kan alles kry wat jy nodig het in die dorp."
"Hulle is besig om die dorp op te knap, maar dit is baie klein en daar gaan eintlik niks aan nie. Daar is 'n paar oulike eetplekke. "
"Baie goeie rustige alternatief vir Clarens. Nog 'n regte plaas-atmosfeer. "
"Baie oulike dorpie. Dit was baie hartroerend om te sien hoe die mense van die dorp nie kla oor hoe vuil die dorp is nie. Hulle het sommer self die strate ingevaar en begin skoonmaak. Ek haal my hoed vir hulle af."
"Was nie regtig in die dorp gewees nie. Maar net as oorslaap gebruik. Was egter by die slaghuis in en nie vriendelike diens gekry nie."
"Het nie baie tyd in Fouriesburg spandeer nie, maar hulle slaghuis is fantasties."
"Ons was meer in Clarence. Fouriesburg is aan ons bekend. Vanaf Bloemfontein beveel ek glad nie die pad aan vanaf Clocolaan, Ficksburg. Die gate in die pad is iets verskriklik. Ry eerder die N1."