Verified Reviews
Free State
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Free State
Rated 4.3 out of 5 based on 8037 reviews.
"Universitas is near the Universitas Hospital and not too far from the CBD. It is out of the hustle and bustle of CBD and gives one quiet surroundings when needed. "
"Pragtige dorpie, parkeer jou voertuig en loop van winkel tot winkel, daar is iets vir almal."
"Ons was verbaas om te sien hoe mooi die dorp is. Het in die verlede net gery om by ons bestemming uit te kom maar nou sien ons eers wat ons gemis het."
"Pragtige rustige dorpie waar jy nie genoeg tyd oor 'n naweek het om alles te sien wat die dorpie bied nie. Die stofstrate en wandelpaadjies laat jou aan 'n vergange era dink en die oorvloed van plantegroei gee 'n nuwe betekenis aan boomryk! Niks is bloot net gewoon aan die klein dorpie nie!"
"Clarens is 'n fantastiese toeristebestemming - of jy alleen, saam met jou huweliks- of lewensmaat, vriende of familie is, jy kan bepaal hoe rustig of hoe besig en aktief jou wegbreek gaan wees."
"Lieflike dorpie wat heerlik rustig is deur die week en 'n woelige atmosfeer oor naweke. Meer winkels kan dalk deur die week oop wees?"
"Rustige woonbuurt. Verkeer is hanteerbaar en daar is veilige gedeeltes vir stap of draf namiddae. "
"As 'n gebore Vrystater wat nou in KZN woon, was dit met 'n gedeelde hart dat ek die eenvoudige skoonheid kon ervaar, maar ook die TELEURSTELLING van die Aliwal Noord Spa. Die droogte was hartverskeurend. 'n GROOT pluspunt is die ongelooflike mooi kerke in die klein dorpies al die pad Kaapstad toe. Ons het die Sondagaand na die kerksangdiens in Rouxville se kerk gegaan. Asemrowend!"