Geverifieerde Resensie
Gauteng
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Gauteng bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.2 uit 5 gekry volgens 3192 resensies.
"I'm afraid Johannesburg is not my favourite place for a holiday. We only go for business or family. We prefer out of Johannesburg e.g. Hartbeespoort, Magaliesburg, etc."
"Dis klein met geen restaurante nie. Askari is regtig 'n moet game drive, effe duur, maar moeite werd. Die baie ossewaens en kapkarre ens. in die museum is baie mooi en neem mens terug na 'n era wat ons net van gehoor het. Darem is Harties nie te ver nie."
"Kom na Magalies Gliding Club vir 'n besonderse sweefbelewenis en bekyk die wêreld van bo met net die gesuis van wind om die vliegtuig."
"Bietjie meer waarsku oor die area waar ons gebly het veral omdat ons glad nie JHB ken nie."
"Naby Pretoria, nie baie groot wild nie, maar genoeg om te voel mens is uit die stad. Ideaal vir gesinne."
"Ons bly ons hele hele lewe in Gauteng en het nog nooit geweet dat daar so 'n lieflike wildreservaat/area net om die hoek is nie. Gaan area beslis baie meer besoek in die toekoms. "
"Waarde vir geld in terme van afstand van Pretoria/Johannesburg. Baie aantrekkingspunte wat naby mekaar geleë is."
"Pretoria se buitewyke bied genoeg afleiding en natuurskoon wat geniet kan word en natuurlik die Desember-donderstorms, roep my jaarliks terug na my habitat!"
"Dis lekker naby aan Pretoria vir 'n vinnige wegbreek wat voel of mens sommer ver weg is."
"Pretoria is meer vir trou venues en dinge soos dit geskik, sal dit nie as ’n toeristebestemming klassifeer nie (hang af van waar)."
"Die selfry permitte is effe duur wat 'n daguitstappie nogal duur kan maak, andersins is die geriewe en verblyf heel goed."
"Eerder in Centurion as Pretoria geleë. Ons is gemaklik in die omgewing en dit is pragtig in die somer."
"Paaie te sleg, baie vuil in omgewing, papiere en gemors lê oral gestrooi, alhoewel dit seker maar oral in Suid-Afrika so lyk! Wat 'n jammerte dat niemand meer omgee!"
"Daar is soveel om te doen in Pretoria dat ek regtig sal aanbeveel dat hier meer verblyf kan wees. "
"Oor die algemeen alles wat ek van 'n stad verwag, maar baie van die paaie is in 'n slegte toestand. Ons moes vele slaggate trotseer."
"Die stad het agteruitgegaan en plakkers orals in parke en voor geboue is kommerwekkend asook baie rommel in parke en op straat."