Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Graaff-Reinet is a hub of information on the origins of South Africa and is an amazing heritage site."
"Pragtige dorpie met heelwat om te sien en te beleef. Sal graag een keer bietjie vir 'n paar nagte wil oorbly ipv van net 'n vinnige nag oor te bly."
"Een van die top-toeristedorpe in SA. Ek kom altyd terug. Vriendelike, pragtige mense en so baie om te sien en mooiste, mooiste natuur."
"Vallei van Verlatenheid is 'n moet. Die dorp het oor die algemeen maar agteruitgegaan."
"Daar is baie om te doen in en op GR. Ek dink GR word (verkeerdelik) gesien as net 'n oornagplek."
"Die museums was baie insiggewend om te besoek. Die Vallei van Verlatenheid is 'n moet vir elke toeris, baie besonders."
"Go to the Valley of Desolation and nature reserve, wow, a must-see."
"Month-end is a bit hectic in the Bo-dorp with heckling, intoxicated people. The town is beautiful with many historical buildings. Well preserved history."
"Dit is 'n bekoorlike dorpie met al sy ou geboue, huise en kerke. Ons het dit baie geniet om dit te sien en om te sien dit word opgepas dat dit nog vir jare behoue kan bly."
"Het Nieu-Bethesda se Uilhuis baie geniet en ook Vallei van Verlatenheid is beeldskoon."
"Na baie, baie jare se oorslaap op pad tussen Johannesburg en Suid-Kaap, bly die Karoo-dorp ons gunsteling. Nogtans nou die dag eers die Vallei van Verlatenheid ontdek. Is daar nog sulke juwele in die omgewing? Dalk beter bemarking benodig?"
"Die dorp was nog altyd 'n oorslaapplek vir ons as gesin en die ikoniese kerk bly 'n aantrekkingspunt. Die dorp is skoon en daar is orals is klein winkeltjies wat plaaslike, handgemaakte items verkoop. Daar is ook verskeie plekke waar jy 'n regte Karoo-ete kan geniet."
"Ek sien nie Graaff-Reinet regtig as 'n toeristebestemming nie. Dis meer 'n oornag of 1-2 dae besoek aangesien daar nie veel is om te gaan sien of doen nie."
"Graaff-Reinet met sy besienswaardighede en restaurante is ’n mooi dorp om te besoek. Die Vallei van Verlatenheid is ’n moet. Net jammer dat museums met lockdown vlak 4 gesluit was. Dit sal goed wees indien die dorpsraad dalk ook dringender aandag kan skenk aan ’n klompie bergies in die middedorp wat ’n mens lastig val."
"Wonderlike dorp en het so lekker geëet! So vriendelik en Vallei van Verlatenheid was ongelooflik. Bly het tyd daar spandeer. Gaan definitief terug. Was heerlike belewenis."