Geverifieerde Resensie
Graaff-Reinet
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.
"Ten spyte van die droogte is Graaff-Reinet 'n pragtige dorpie. Die mense is ten spyte van uitdagings positief en gasvry."
"Kultuur-historiese juweel van die Klein-Karoo! Dis 'n moet-besoek op jou reisplan!"
"Sommige geboue is so pragtig oorgeverf en gerestoureer. Sal wonderlik wees as alle vervalle geboue opgeknap kan word."
"Polka, as always a lovely place to eat. Making reservations is essential though."
"Ons is lief vir die dorp en omgewing en slaap gereeld daar oor. "
"Mooiste plattelandse dorpie. Histories en modern. Verlief op die kerk. Beslis die mooiste kerk in SA."
"Dit is nog goed om al die historiese geboue te sien en dat dit bewaar word."
"Die vullis en verval het my ontstel! Ek wou met mannekrag al die vullis verwyder. Die dorp kan so pragtig vertoon, maar plek-plek voel dit asof mens deur 'n vullisblik ry."
"Oorweeg om met 'n volgende oornagverblyf dit met 'n dag te verleng om meer van die dorp te sien. Baie goeie ervaring gewees vir ons eerste keer daar."
"This was our first visit to Graaff-Reinet but will definitely visit again. Make a point to visit the beautiful Groote Kerk in the town and also the Valley of Desolation in the Camdeboo National Park. Sadly Graaff-Reinet is in the midst of a huge drought, but they still welcome visitors."
"Heerlik gekuier in die juweel van die Karoo. Het sommer langer gebly as beplan. Restaurante tops (moenie Polka se skaapnek mis nie!). Dorp pragtig versorg. "
"Make an effort to have supper at Pioneers Restaurant in Parsonage Street (opposite De Kothuize). Absolutely worth it!"
"Ek wens ons kon meer tyd daar deurbring! Polka Restaurant en die Windmeul-winkel reg langsaan was hoogtepunte. Vriendelike mense oral! Mag julle die goeie reën kry wat julle so nodig het!"
"Pragtige kunsmuseums en ander besienswaardighede, veral die groot kerk. Ons het die geleentheid gehad om 'n kerkdiens Sondagoggend by te woon met die kerk se 227ste verjaardag. Die vriendelikheid van die dorp se mense is merkwaardig. "
"Baie interessante dorpie, ryk aan geskiedenis. So jammer die dam is dolleeg a.g.v. die droogte."
"The town is rich with culture and history as well as amazingly friendly people. The views are breathtaking over the Karoo and the monuments will keep you stunned of their beauty."
"Ons kon 'n definitiewe verskil in Graaff-Reinet sien van die laaste keer wat ons hier deurgereis het. Die meeste besighede en eiendomme is vars oorgeverf en die dorp was silwerskoon. Pragtig!"
"Daar is soveel om te sien en doen. Mens moet nie net daar deurry nie. Vallei van Verlatenheid was 'n baie lekker ervaring. "