Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graaff-Reinet

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.

Graaff-Reinet

Beau & I

"Dit is 'n plek wat meer as een besoek regverdig. Ons het al vele kere hier deur gery, dan dit en dan dat besoek soos weer tydens die laaste besoek maar daar is altyd iets nuuts wat jou aandag verg."

Graaff-Reinet

Profcon Resort

"Vallei van Verlatenheid beslis die uitstappie werd."

Graaff-Reinet

4 Parsonage Street - De Kothuize

"Pragtige dorp, baie om te sien in die omgewing!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"Baie om te sien! Dus moet mens meer as 1 dag daar spandeer!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"'n Pragtige en vooruitstrewende dorp met hope geskiedkundige en natuurlike besienswaardighede."

Graaff-Reinet

Boer and Brit

"Baie om te sien!"

Graaff-Reinet

Kambro Cottage

"Ons het vir die eerste keer na die Vallei van Verlatenheid gegaan. Dis 'n wonderlike ervaring! Wie sou kon raai hierdie klipformasies staan net om die draai van die fraai dorpie!"

Graaff-Reinet

Profcon Resort

"Hier is baie om te beleef. 'n Mens sou maklik 3 of meer volle dae hier kon bly om die dorp en sy omgewing te verken. Ons het veral die Vallei van Verlatenheid en die Kamdeboo park geniet. Nieu Bethesda was ook mooi om te sien. Reinett Huis is interessant maar ons sou meer van die geskiedenis van een van Graaff-Reinet se bekendste inwoners - Dr. Andrew Murray - wou sien. 'n Besoek aan die Te Water House (antieke handelaar) is beslis die moeite werd. Die eienares het ons allerhande staaltjies oor die dorp vertel."

Graaff-Reinet

4 Parsonage Street - De Kothuize

"Dis 'n sjarmante skoon dorp met talle historiese besienswaardigede en natuurskoon. Oulike winkeltjies en puik restaurante."

Graaff-Reinet

Kambro Cottage

"Graaff-Reinet is mooi in die middel tussen Gauteng en die Oos-Kaap of Karoo. Die hele dorpie neem 'n mens terug na die 1920's, toe al die huise pragtig gebou is met pilare om stoepe by die voordeur, gevormde stoepdakkies, groot houtdeure en plankvloere. Ons slaap graag daar oor wanneer ons na die Oos-Kaap of Karoo reis."

Graaff-Reinet

Leopard's Valley Guest Cottages

"Doen gerus die moeite om die kunswinkels op te spoor in die klein strate vanaf die hoofstraat."

Graaff-Reinet

Waterval Farm-Stay

"Wil graag Derick's Auto Electrical in College-weg (N9-deurpad, om die hoek van die koperasie) aanbeveel. Die jonge, pasgetroude man het die dag na Nuwejaar self ingespring (sy arbeiders het nie opgedaag nie) om ons in 'n japtrap te help met 'n kritiese elektriese probleem in ons voertuig. Hierdie Gautengers voel steeds skuldig oor hoe min hy ons daarvoor gevra het, gegewe hoe verleë ons oor sy hulp was. "

Graaff-Reinet

Kambro Cottage

"Mooi dorp. Puik wegbreekbestemming!"

Graaff-Reinet

4 Rothman Street B&B

"Pragtige Karoodorp met baie geskiedkundige geboue."

Graaff-Reinet

Cypress Cottage No 80

"Seker die mooiste kerk in die land. Wens ons kon meer tyd daar spandeer. "

Graaff-Reinet

Country Village

"A great stop on the way back to Cape Town - it's worth the 100 km detour!"

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Die museums, Vallei van Verlatenheid en die vetplantkwekery is beslis 'n besoek werd. Moet ook nie vergeet om 'n paar stukkies vleis by Kamdeboo-slaghuis te koop nie - dis 'n moet. Cold Stream Restaurant is ook hoogs aan te beveel."

Graaff-Reinet

Middle Street Manor

"Ons het gewoonlik net in Graaff-Reinet gestop om brandstof in te gooi, maar om daar te oornag was heerlik. Die oulikste restaurante."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Geskiedkundige dorp wat goed omsien na sy ou geboue. Interessante museums, die moeite werd om te besoek."

Graaff-Reinet

Kingfisher Lodge

"Baie mooi, netjiese dorpie. Die moeite werd om oor te slaap en hul restaurante op te soek en te besoek."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Valley of Desolation is 'n moet-sien. Daar is ook pragtige museums en oulike restaurante. "

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Pragtige dorpie."

Graaff-Reinet

Kambro Cottage

"Sal definitief aanbeveel om na 'The valley of desolation' toe the gaan, asook om aandete te gaan geniet by 'Polka' restaurant. Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp!"

Graaff-Reinet

Kingfisher Lodge

"Outydse glorie."

Graaff-Reinet

KarooRus

"Mooiste dorpie met pragtige natuur en die Pioneers restaurant se kos is fantasties."

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Pragtige dorpie."

Graaff-Reinet

Leopard's Valley Guest Cottages

"Great plek en baie gastehuise om van te kies."

Graaff-Reinet

Garden House and Cottage

"Sal volgende keer langer bly!"

Graaff-Reinet

Profcon Resort

"Graaff-Reinet is 'n baie spesiale plek, daar is ongelooflike natuurskoon en oulike winkels, dis veilig en skoon en vriendelik."

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Baie mooi dorpie met vriendelike mense en interessante plekkies om te besoek."

Blad
Blad 34 - Wys 991 tot 1020

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang