Successfully reported

Geverifieerde Resensie

Graaff-Reinet

Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Graaff-Reinet bespreek het

Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.5 uit 5 gekry volgens 1354 resensies.

Graaff-Reinet

Country Village

"Pragtige, netjiese skoon karoo-dorp, altyd lekker om dit te besoek!"

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Graaf-Reinet is 'n pragtige skoon dorp."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Prentjiemooi."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"Definitief die moeite werd. Dit was net 'n fees!"

Graaff-Reinet

6 Parsonage Street - De Kothuize

"Pragtige dorp met mooi ou geboue. 'n Dorp met karakter!"

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Baie aangename plek. Inwoners baie vriendelik."

Graaff-Reinet

Langfontein Farm Cottages

"Pragtige dorp. Mooi winkels en lekker restaurante. Vriendelike mense."

Graaff-Reinet

Profcon Resort

"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"

Graaff-Reinet

Eagle's Nest

"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"Baie oulike dorp. Die Vallei van Verlatenheid is beslis die moeite werd om te gaan kyk."

Graaff-Reinet

Waterval Farm-Stay

"Graaff-Reinet is 'n wonderlike omgewing."

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"'n Netjiese Karoo-dorp met baie besienswaardighede en baie mooi omgewing."

Graaff-Reinet

Obesa Lodge

"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp in 'n ewe pragtige omgewing. Die dorp is ryk aan geskiedenis en kultuur. Lekker plek om te kuier. Ons was bietjie Uilhuis toe. Ook 'n lekker uitstappie. En natuurlik die natuurreservaat. Mens kan maar vir langer as een dag gaan!"

Graaff-Reinet

Beau & I

"Polka Restaurant is tops!"

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"Sal graag volgende keer langer wil vertoef."

Graaff-Reinet

Eagle's Nest

"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Lekker geskiedkundig."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."

Graaff-Reinet

Karoopark Guest House

"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "

Graaff-Reinet

Stemar Self Catering Guest House

"Sou graag langer wou gebly het om die dorp nader te kan bekyk."

Graaff-Reinet

Camdeboo Cottages

"Mooi skoon dorp met baie om te sien!"

Graaff-Reinet

Rietjiesbos Self Catering

"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."

Graaff-Reinet

Beau & I

"Spandeer meer tyd daar om by alles uit te kan kom."

Blad
Blad 41 - Wys 1201 tot 1230

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang