Verified Reviews
Graaff-Reinet
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Graaff-Reinet
Rated 4.5 out of 5 based on 1354 reviews.
"Daar is 'n lewendige atmosfeer in die klein dorpie met sy historiese huisies en geboue, asook allerhande interessante snuffelwinkels en eetplekke."
"Baie om te sien. Hier is museums, geskiedkundige geboue, monumente, natuurreservaat en die Vallei van Verlatenheid en ook net 'n klipgooi ver van Nieu-Bethesda met al sy besienswaardighede. Beslis 'n besoek werd."
"Ongelooflik pragtige dorpie, mooiste geboue en natuurlik die indrukwekkendste kerk! Die mense was oral baie vriendelik en mens kry 'n gevoel van "warm ontvangs!" Die Vallei van Verlatenheid is 'n MOET, dit praat met jou siel. Die wind was net bietjie lastig!"
"Ons het die lekkerste aandete en ontbyt geniet by Polka. Kan dit regtig aanbeveel vir enigeen wat van goeie kos en 'n lekker atmosfeer hou."
"Baie oulike dorp. Die Vallei van Verlatenheid is beslis die moeite werd om te gaan kyk."
"'n Netjiese Karoo-dorp met baie besienswaardighede en baie mooi omgewing."
"Graaff-Reinet is 'n pragtige dorp in 'n ewe pragtige omgewing. Die dorp is ryk aan geskiedenis en kultuur. Lekker plek om te kuier. Ons was bietjie Uilhuis toe. Ook 'n lekker uitstappie. En natuurlik die natuurreservaat. Mens kan maar vir langer as een dag gaan!"
"Ek en my vrou, nadat ons in 'n paar dorpe oorgebly het oor drie weke tydperk, was baie beïndruk met Graaff-Reinet. Die dorp is netjies en het baie besighede vir jou behoeftes. Dit is 'n pragtige dorp met die mooi ligging. Dit skep net 'n goeie indruk. "
"Ons verblyf in Graaff-Reinet was regtig net te kort om eerlik sinvolle kommentaar oor die area te lewer, maar dit wat ons in die kort verblyf daar ervaar het was vir ons lewensverreikend."
"Mooi dorp met baie geskiedenis. Was jammerte dat die 1ste kruising bemors was maar die res van die dorp was skoon. Kerke en ou geboue lyk of dit nog in stand gehou word. Die monumente kort aandag. "
"Ons was aangenaam verras met die netheid van die dorp. In die verlede was die kerk saans verlig, en dit was 'n wonderlike attraksie en goed vir fotografie. Ons verstaan dat dit nou moontlik duur is, maar miskien kan die ligte op spesifieke aande vir spesefieke tye aangeskakel word, afhangende van die tyd van die jaar en as dit goed donker is."