Verified Reviews
Green Kalahari
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Green Kalahari
Rated 4.3 out of 5 based on 487 reviews.
"Keimoes se mense maak dit besonders. Augrabies en Kakamas met sy ruimtes is een van God se mooiste skeppings!"
"Sal Kakamas weer besoek, het nie al die benoemingswaardighede besoek nie. Die Pienk Padstal was ons vashaakplek. Lekker geëet en gekuier by baie vriendelike eienaar!"
"Die Groen Kalahari is 'n juweel in Suid-Afrika se kroon en die gasvryheid en warm mense maak dit baie besonders."
"Die waterwiel kan beter opgepas word en nie tot niet laat gaan nie. Die bedellende jeug kan dalk ook beheer of besig gehou word."
"Baie agteruit gegaan. Die dorp is nie skoon nie en is nie veilig om laat in die middag daar rond te stap nie."
"Hoofpad bietjie bedrywig met lorries in die nag. Bietjie moeilik om uit die lodge uit te kom in die hoofpad in, van die plante belemmer die sig van aankomende verkeer. "
"Kakamas is 'n wonderlike dorpie vol karakter. Dit is ook gerieflik naby die Augrabieswaterval geleë."
"Pragtige skoon dorpie met pragtige omgewing wat beslis 'n besoek werd is. Naby die roete na Augrabies en Kgalagadi Nasionale Park."
"Baie goeie ligging, naby die Kalahari Mall en dorp, asook naby die hoofpaaie. Ook stil en rustig."
"Daar is nie veel te doen in Kakamas nie behalwe die Pienk Padstal en die Oranjerivier brug. In Keimoes is ook nog die ander bekende droë vrugte padstal en verder is daar ook nie veel anders te sien nie. Kakamas is 'n lekker stilhouplek op pad na of vanaf Augrabies."