Verified Reviews
Hartbeespoort
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Hartbeespoort
Rated 4.5 out of 5 based on 663 reviews.
"Hartebeestpoort is a great place, can't fault it. I'll never book with travel ground again even if they offer 50% off a great place."
"Verwaarloos maar baie nice. Kan werklik 'n toeristeparadys word as hul aandag aan Hartbeespoort en omgewing begin bestee."
"Dieretuin is puik. Eetplekke is uit die boonste rakke. Dorp is mooi skoon. Almal is vriendelik. Sal Hartbeespoort weer besoek."
"Die paaie is ongelooflik sleg, jy swaai meer uit vir slaggate as wat jy reguit ry op die pad. Dit is wel nie orals nie, maar Schoemanville veral."
"Sal weer in Hartbeespoort kuier. Net jammer straatsmouse by die tonnel is so aggressief."
"Baie om te doen ons was wel in die week daar en baie van die plekke is net naweke oop maar ons sal Hartbeespoort beslis weer besoek!"
"Ons het vantevore daar deur gegaan en plekke besoek, maar dit was nogal ’n ondervinding om oor die dam te gaan (was nog nie daaroor nie.) Die kabelkar op die berg op was ’n belewenis. Net jammer dat daar geen toegang tot die dam self is nie - of ons het dit nie gekry nie. Die onderstebo huis was baie oulik en so ook die kafee met die Parys-tema. Ons het ons verblyf baie geniet."
"Baie toeriste-aantreklikhede in en om Hartbeespoort om mens lekker besig te hou."
"Baie lekker dorp om vir 'n naweek te besoek, maar was geskok om die toestand van die dam te sien. Byna die helfte is toegegroei. Daar moet dringend iets aan gedoen word."
"Hartebeespoort is beautiful place. We'll still return there at another venue."
"Ideale ontsnapping van die stadsgewoel met genoeg aktiwiteite vir enige begroting."
"Dit is 'n plek wat vir alle mense geleentheid bied om hulle belangstellings en begeertes uit te leef. Dit is vir die Gautengse stedeling en Noord-Wes inwoners baie gerieflik geleë vir korter of langer uitstappies."
"Hartbeespoort het beslis genoeg om jonk en oud besig te hou. Die gunsteling was Cameleon Village met die Leeu Park, winkeltjies en verskeie restaurante. Die verkopers by die dam wal kan bietjie lastig wees maar dis die moeite werd om daar om te ry. Vir die boekwurms is daar 'n goedkoop boekwinkel by Damdoryn Junction wat ook Langspeel Plate en Xbox/PS speletjies teen spot goedkoop pryse verkoop."