Geverifieerde Resensie
Hibiscus Coast
Al die resensies is deur LekkeSlaap-gaste geskryf wat in Hibiscus Coast bespreek het
Hierdie plek het 'n gemiddeld van 4.3 uit 5 gekry volgens 1641 resensies.
"St Michaels on sea was 'n mooi strand, lekker naby aan Beach Wood Cottages. Ek stel voor dat julle liewers af ry as om te stap, die loop af is gevaarlik met taxis wat by die heuwel afjaag, en die parkering by st Michaels is veilig genoeg. Uvongo strand is nie so lekker nie. Vat die tyd en ry deur na Ramsgate strand. Dis 10 km van Beach Wood Cottages, die parkering is skoon en veilig, en dis 'n Blouvlagstrand. In die 10 dae het ek nie een stukkie rommel op die strand gesien nie. Dis 'n baie goeie swem- en visvangstrand."
"Definitely a place to visit and stay. We had a carefree stay. With spectacular views and lazy days on the beach. Not a care in the world. Exactly how a vacation should be. Everything and more than you could wish for."
"Die strande is mooi skoon, en die lewensredders op die strand maak dit selfs moontlik vir ouers om ook bietjie te ontspan terwyl die jongklomp baljaar."
"Margate nie heeltemal so veilig en lekker soos in die verlede nie. Gelukkig was ons verblyf nader aan Lucienstrand wat baie beter is om by te swem en dis skoner."
"Uvongo beach is a small but nice beach. Unfortunately during our stay there had been a sewage pipe that had contaminated the water so no swimming. Lucky for us there are other beaches close by that we could visit."
"Vir ons wat amper 10 jaar laas in Margate vakansiegehou het, het die algemene omgewing van Margate baie agteruitgegaan. Dis duidelik dat munisipale dienslewering swak is. Maar die mense van Margate waarmee ons te doen gehad het, is tops."
"Het al die jare een keer per maand by of Allesreg- of Natspatwoonstelle gebly tot omtrent 2002 toe ek Johannesburg to getrek het. Na 11 jaar weer terug en kan nou weer naweke gaan uitspan in my mees favourite vakansiedorpie."
"Hibberdene is a small town, but if you are going for the sea, fresh air, warm weather, dolphin and whale views and access to some private, quiet beaches, it is perfect. Local shops are fine for a quick visit, but rather drive a bit further towards Port Shepstone for greater variety. We took our 4 dogs and had a magical beach holiday with them."
"Port Shepstone is baie besig, maar het al die besighede wat mens nodig het, maar al die naby liggende dorpe is ook vol interessante winkels om te besoek."
"Dit was net teleurstellend omrede ons nie die strand en see kon geniet nie omrede die strand gesluit was, maar die akkommodasie het vir seker opgemaak daarvoor."
"Margate oor die algemeen is gewild. Was daar in die stil tyd en alles was rustig asook verkeer."
"Uvongo is baie lekker en sentraal geleë. Dit raak wel onaangenaam om af te stap strand toe met meer en meer manne wat sommer in die bosse bly langs die strand. Die munisipaliteit doen wel goeie werk met die instandhouding van paaie en bosse om die kusgebiede."