Verified Reviews
Kimberley
All reviews have been left by LekkeSlaap customers staying in Kimberley
Rated 3.9 out of 5 based on 583 reviews.
"Kimberley is 'n besige dorp, nie skoon nie, dit lyk sommer vuil, die ou dorp by die gat is pragtig en het dit terdeë geniet, voel net die prys vir 'n toer by die gat is baie duur. Daar is 'n pragtige dam langs die N12 waar daar vreeslik baie flaminke op was, het probeer om 'n pad te kry wat na die dam toe gaan sodat ons die flaminke kan sien en bewonder maar het niks gekry nie."
"Mense wat belangstel in geskiedenis kan nie Kimberley misry nie. Die afstand vanaf Kimberley tot by Ladismith was net vir ons te lank. "
"Die paaie in Kimberley is baie sleg en vol slaggate. Dit was nie 'n plesier om heeltyd vir slaggate uit te kyk nie."
"Die moeite werd om Kimberley te besoek, veral McGregor Museum en die Oop Myn Museum. Ook die Humphreys Gallery."
"Enjoyed our stay. Unfortunately, wanted to walk on an advertised tour through the old city. We very advised and told not to walk around the area because elderly people were being attacked. Worth while seeing the big hole."
"Die Groot Gat is 'n moet! As jy hoegenaamd naby Kimberley verbyry of oorslaap, doen die moeite. "
"Die Groot gat en die William Humpfrey galery was uitstekend! Ons het dit ongelooflik baie geniet."
"Die idee is net vir oorslaap.'n Punt vanwaar 'n mens uitgaan na ander besienswaardighede. Daar is verder nie iets te doen by Lindene nie."
"Sou baie graag langer wou bly om al die museums te sien, was darem by Magersfontein baie mooi gewees."
"Ons het 'n wondelike uitstappie na die Groot Gat gehad. Baie om te sien. Sal volgende keer langer moet bly om die museums en ander besienswaardighede te besoek."
"Die dorp was ongelooflik besig en ons moes lang tye by robotte wag. Die strate is vuil en ek het gedurig onveilig gevoel. Kimberley se groot gat en dorpie was indrukwekkend, maar die dorp het my nie beïndruk nie"
"Maak seker dat julle die Kimberley se gat besoek. Doen die toer en gaan by die mynskag af."
"Lovely parks and well-maintained tourist sights in the area. Very quiet and peaceful and the area feels very safe to be able to walk around in the evenings."